Wonderwerker. Beste Afrikaanse fliek ooit?
September 10, 2012 in Sonder kategorie
Baie beslis ja!!!
Gaan kyk gerus die fliek Wonderwerker. Dit is ‘n absolute kragtoer en die heel beste Afrikaanse fliek wat ek ooit gesien het. Ek sal nie verbaas wees as dit die Oscar? toekenning kry vir die “beste oorsese” rolprent nie.
Ek het destyds gedink dit was oorambisieus van Katinka Heyns om Paljas in te skryf, want die clown op die treinspoor en die beswaarde kerkraad het my nie juis geroer nie. Maar Wonderwerker is bloot in ‘n ander league.
Dawid Minnaar en Elize Cawoord speel briljant. Die draaiboek is roerend en die fotografie voortreflik.
As julle twee uur of wat te spaar het, gaan verlustig julle in iets werklik voortrefliks
Let wel, ek het geen resensievaardighede nie, net bloot goeie smaak.
Ofskoon slegs een gedeelte van Winternag in die fliek voorgelees word, illustreer die gedig die skeppende deugde van Eugene Marais, een van die skerpste denkers wat Suid-Afrika ooit opgelewer het.
Winternag
O koud is die windjie en skraal.
En blink in die dof-lig en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.
O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!
Lekker week
ouboet
STC het gesê op September 10, 2012
En dit is weer bewys….ons hoef nie terug te staan in die groot mark nie…en die gedig!! is vasvat van gevoel wat deur eeue sal strek. Dankie Ouboet.
louisna het gesê op September 10, 2012
Thanks. Gaan kyk gerus die fliek as jy nie reeds het nie. Dit is briljant
TS het gesê op September 10, 2012
Sug… en dit wys nie by ons nie… dit help nie ons het 12 teaters in die dorp maar daar is niks om te sien nie!!!!! Ek is erg moerig!
louisna het gesê op September 10, 2012
Ja dis jammer. Maak ‘n draai in Polokwane of ander groot plek naby en gaan kyk. Jy sal nie spyt wees nie.
louisna het gesê op September 10, 2012
Ja, Anna NP was voortreflik en sielvol, maar Elize Cawood het dit self goed in die fliek gedoen.
riem_mamba het gesê op September 10, 2012
Hier in Kitwe is geen flieks! Sal eendag die dvd kry.
louisna het gesê op September 10, 2012
Dis baie jammer, maar hou hom op jou lys van MOET KYK
TS het gesê op September 10, 2012
Dis juis van Polokwane waarvan ek praat. Leon Schuster wys al vir ‘n kwart eeu hier maar as daar moontlik iets ernstigs kom, word ons uitgesluit… maar dan as mens boeke weggooi hoe kan mens iets anders verwag…sug…
louisna het gesê op September 10, 2012
OK, kom Pretoria toe vir ‘n shopping-uitstappie en fliek. Dit is hoogstens drie uur se ry. Bring ‘n vriendin saam en geniet die dag.
Christa-amper-Kleynhans het gesê op September 10, 2012
Sal beslis gaan kyk, dankie vir die aanbeveling! 🙂
louisna het gesê op September 10, 2012
Jy gaan dit baie geniet.
louisna het gesê op September 10, 2012
Nog ‘n tip. Vat al jou loved ones saam. Jongste was in Potch en oudste by ‘n girl toe ek en beter helfte gaan fliek het.
Christa-amper-Kleynhans het gesê op September 10, 2012
Sal so maak – jou huishouding klink soos myne. Ek en beterhelfte het baie vryetyd met die kinders wat hul eie ding doen. En dan ander naweke sit ons met nie minder nie as 6-8 kinders op ‘n slag wat ge-entertain en gevoed moet word 🙂
louisna het gesê op September 10, 2012
Ja, die kinders is demanding.
Jongste word 21 op 4 Desember en hy soek ‘n groot “do.” Op oudste se 21st was daar meer as 50 gaste op die stoep en oor die hele grasperk versprei. Jongste reken sy opkoms behoort nie meer as 60 te wees nie.
Op oudste se 21st het jongste ‘n pak klere aangetrek en vir die meisies drankies bedien.
Soos gebruiklik met ronde nommers en groot geleenthede sal ek weer speechmaak en foto’s vanaf geboorte tot vandag op die big screen gooi.
Niks op aarde gee my groter kicks as ‘n lekker speech voor die skare nie.
frandr het gesê op September 10, 2012
Gaan moreaand kyk, sal jou mening beaam/of dalk nie ;0)
louisna het gesê op September 10, 2012
Ek weet ‘n girl van jou statuur gaan die fliek baie geniet. Lekker kyk en vat jou loved ons almal saam, want dit is die moeite werd.
Ek-Myself het gesê op September 10, 2012
Verseker gaan ek kyk!
louisna het gesê op September 10, 2012
Jy gaan dit baie geniet.
Madhatter het gesê op September 11, 2012
Goodie. Nou voel ek nog meer geinspireerd. Ek was nog altyd gaande oor EM.
louisna het gesê op September 11, 2012
Pragtig. Gaan kyk gerus na ‘n meesterstuk.
frandr het gesê op September 18, 2012
Oja, Ouboet – ek het dit gelees, maar noudat ek self die fliek gesien het, het ek jou resensie nog meer geniet. Groete
louisna het gesê op September 19, 2012
Thanks. Selle daar