Wonderwerker. Beste Afrikaanse fliek ooit?

September 10, 2012 in Sonder kategorie

Baie beslis ja!!!

Gaan kyk gerus die fliek Wonderwerker. Dit is ‘n absolute kragtoer en die heel beste Afrikaanse fliek wat ek ooit gesien het. Ek sal nie verbaas wees as dit die Oscar? toekenning kry vir die “beste oorsese” rolprent nie.

Ek het destyds gedink dit was oorambisieus van Katinka Heyns om Paljas in te skryf, want die clown op die treinspoor en die beswaarde kerkraad het my nie juis geroer nie. Maar Wonderwerker is bloot in ‘n ander league.

Dawid Minnaar en Elize Cawoord speel briljant.  Die draaiboek is roerend en die fotografie voortreflik.

As julle twee uur of wat te spaar het, gaan verlustig julle in iets werklik voortrefliks
 

Let wel, ek het geen resensievaardighede nie, net bloot goeie smaak.
 

Ofskoon slegs een gedeelte van Winternag  in die fliek voorgelees word, illustreer die gedig die skeppende deugde van Eugene Marais, een van die skerpste denkers wat Suid-Afrika ooit opgelewer het.

Winternag

O koud is die windjie en skraal.
En blink in die dof-lig en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.
 

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

 

Lekker week

ouboet

22 antwoorde op Wonderwerker. Beste Afrikaanse fliek ooit?

  1. STC het gesê op September 10, 2012

    En dit is weer bewys….ons hoef nie terug te staan in die groot mark nie…en die gedig!! is vasvat van gevoel wat deur eeue sal strek. Dankie Ouboet.

  2. Thanks. Gaan kyk gerus die fliek as jy nie reeds het nie. Dit is briljant

  3. TS het gesê op September 10, 2012

    Sug… en dit wys nie by ons nie… dit help nie ons het 12 teaters in die dorp maar daar is niks om te sien nie!!!!! Ek is erg moerig!

  4. Ja dis jammer. Maak ‘n draai in Polokwane of ander groot plek naby en gaan kyk. Jy sal nie spyt wees nie.

  5. Ja, Anna NP was voortreflik en sielvol, maar Elize Cawood het dit self goed in die fliek gedoen.

  6. Hier in Kitwe is geen flieks! Sal eendag die dvd kry.

  7. Dis baie jammer, maar hou hom op jou lys van MOET KYK

  8. TS het gesê op September 10, 2012

    Dis juis van Polokwane waarvan ek praat. Leon Schuster wys al vir ‘n kwart eeu hier maar as daar moontlik iets ernstigs kom, word ons uitgesluit… maar dan as mens boeke weggooi hoe kan mens iets anders verwag…sug…

  9. OK, kom Pretoria toe vir ‘n shopping-uitstappie en fliek. Dit is hoogstens drie uur se ry. Bring ‘n vriendin saam en geniet die dag.

  10. Sal beslis gaan kyk, dankie vir die aanbeveling! 🙂

  11. Jy gaan dit baie geniet.

  12. Nog ‘n tip. Vat al jou loved ones saam. Jongste was in Potch en oudste by ‘n girl toe ek en beter helfte gaan fliek het.

  13. Sal so maak – jou huishouding klink soos myne. Ek en beterhelfte het baie vryetyd met die kinders wat hul eie ding doen. En dan ander naweke sit ons met nie minder nie as 6-8 kinders op ‘n slag wat ge-entertain en gevoed moet word 🙂

  14. Ja, die kinders is demanding.

    Jongste word 21 op 4 Desember en hy soek ‘n groot “do.” Op oudste se 21st was daar meer as 50 gaste op die stoep en oor die hele grasperk versprei. Jongste reken sy opkoms behoort nie meer as 60 te wees nie.

    Op oudste se 21st het jongste ‘n pak klere aangetrek en vir die meisies drankies bedien.

    Soos gebruiklik met ronde nommers en groot geleenthede sal ek weer speechmaak en foto’s vanaf geboorte tot vandag op die big screen gooi.

    Niks op aarde gee my groter kicks as ‘n lekker speech voor die skare nie.

  15. frandr het gesê op September 10, 2012

    Gaan moreaand kyk, sal jou mening beaam/of dalk nie ;0)

  16. Ek weet ‘n girl van jou statuur gaan die fliek baie geniet. Lekker kyk en vat jou loved ons almal saam, want dit is die moeite werd.

  17. Verseker gaan ek kyk!

  18. Jy gaan dit baie geniet.

  19. Goodie. Nou voel ek nog meer geinspireerd. Ek was nog altyd gaande oor EM.

  20. Pragtig. Gaan kyk gerus na ‘n meesterstuk.

  21. frandr het gesê op September 18, 2012

    Oja, Ouboet – ek het dit gelees, maar noudat ek self die fliek gesien het, het ek jou resensie nog meer geniet. Groete

  22. Thanks. Selle daar

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.