Ronde nommers en groot gebeurtenisse. Die magiese simboliek van 21

September 10, 2012 in Sonder kategorie

 

Ek kom uit ‘n erfenisbedeling waar ronde nommers en groot gebeurtenisse altyd met ‘n speech begroet word, meestal deur die hoof van die huishouding. Pa was ‘n nederige en gerespekteerde gees en ek onthou baie van sy treffende woorde op my en suster se 21ste verjaarsdae, by familiebegrafnisse en ander geleenthede.


Ek het die voorreg gehad om hom in die stampvol kerk te groet toe ek maar 24 jaar oud was. Dit sou voorbarig wees om te wil voorgee dat ek sy talent ge-erf het , maar om die een of ander rede hou ek van speechmaak. Oumense wat deesdae groet se kinders vra vir Ouboet om sy rekenaartjie en skerm saam te bring en iets in die kerk te sê.


Op albei my seuns se doopplegtighede het ek die gaste toegespreek, so ook tydens hulle 18de verjaarsdagpartytjies.

 

So vyf jaar gelede was Ouboet jnr 21 en dit was ‘n grote. Die eerste foto op die screen was seun in ‘n broeikas in die Maryfont met ‘n bloederige briekstreep oor sy voorkop. Die skare het hom staande toegejuig.


Die gesuipery het net ietwat gepla en ek het alle gaste was meer as 2 drankies gedrink het, verplig om oor te slaap. Teen tienuur die volgende dag moes ek letterlik mooi mik om tussen al die slapers deur te beweeg stoep toe.


Kleinboet word op 4 Desember 21. Hy het laat deurskemer dat hy twyfel of meer as 60 vriende gaan opdaag. Hy weet sy pa gaan die skare toespreek. Onwillekeurig het my gedagtes al begin loop oor die inhoud. Hoogtepunte??


  • ·         Die eerste foto van hom in vroulief se arms
  • ·         Foto’s van al sy verjaarsdae tot omtrent 5-10
  • ·         Sy eerste gediggie aan ‘n meisie wat pa moes “check”
  • ·         Fotos van sy eerste bok
  • ·         Fotos van sy matriekafskeid in die grootste sleepvoertuig in Suid-Afrika   (een van buurman se lorries)
  • ·         Sy paar onderskeidingkies in matriek
  • ·         Uitruilstudent in Duitsland
  • ·         Hoe hy Impromptu in A mol op die klavier speel
  • ·         Sy lys van prestasies?
  • ·         Sy eerste tjor

 

Weet julle hoe lekker is dit vir ‘n pa om sinvol oor sy kinders te praat? Sonder om stront te praat.


Mooi dag verder.

 

Die man wat die song speel is nie Kleinboet nie. Dit is bloot net ‘n song wat ek met jongste assosieer.

 


6 antwoorde op Ronde nommers en groot gebeurtenisse. Die magiese simboliek van 21

  1. jy mag maar trots en tevrede voel . en die power point presentations met praat aanvul . wel ter tale . ek glip meesal by die sydeur uit as iemand my vra om ‘n toespraak af te steek .

  2. Mooi so, Ouboet
    Ek self is nie huiwerig nie.

  3. avega het gesê op September 10, 2012

    Word hy al 21? Was hy nie net nou die dag in matriek nie? Tyd vlieg.

  4. Hy is eers op 7 skool toe, en dit was ‘n goeie ding. Tans tweedejaar en deel van die slimste mense op aarde. Jy kan hulle niks leer nie. Thanks vir die kuiertjie

  5. Thanks Lou. Pragtig.

  6. PowerPoint help. Ek sit keywords by die foto’s om logiese val van woorde te bevorder.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.