Watter Universiteit het die mooiste meisies?

September 9, 2012 in Sonder kategorie

In my tyd (die middel sewentigs) was dit beslis Tukkies.

Vandag? Ek dink Potch staan nou baie na aan voor in die ry. Tydens die verwelkomingsgeleentheid verledejaar was ek en beter helfte daar en die uitsonderlike prag het my opgeval.  Die girls is uitsonderlik pragtig gegrimeer en mooi en stylvol aangetrek.


Kleinboet is in ekstase.Een van die mooiste girls op die kampus het hom gevra om saam met haar hulle koshuisdinee by te woon. Ouboet jnr moes inderhaas sy nuwe pak klere Potch toe stuur, want hierdie nuwe “suitjie” lyk glo heelwat beter as Kleinboet s’n.


Wat my soms mateloos ontstel is dat my seuns ‘n heelwat beter “slag” met mooi meisies het as wat hulle nederige en konserwatiewe pa in die sewentigs gehad het. Eenoogversies (meestal kwatryne) op servette was my enigste wapen teen alleenwees. 

 

Terloops, een van my oudste vrese was on ‘n selibaat oudag binne te gaan.

 

Seuns se faceboekblaaie wemel van die heel mooiste girls denkbaar en hulle is nie baie skaam om die heuningkwas te swaai nie.

8 antwoorde op Watter Universiteit het die mooiste meisies?

  1. KOVSIES

  2. louisna het gesê op September 9, 2012

    Jy reken?

  3. die universiteit waar hulle die beste beskuit bak …..

  4. Nou waar is dit?

  5. STC het gesê op September 10, 2012

    Sal my alma mater altyd met respek hanteer…ek hoop dat my jongste ook besluit om sy draai daar te gaan maak…

  6. Is Potch jou alma mater?

  7. Ek stem! KOVSIES!!!!
    Bloem het die mooiste vrouens!

  8. Ek kom min in Bloem en het nog nie juis baie Kovsie-meisies gesien nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.