Geluk Sharks

Julie 29, 2012 in Sonder kategorie

Julle het julle puik van julle taak gekwyt. Arme Brian huil toe openlik voor die skare. My groot vriend en Stormer reken toe hy het nie genoeg Skotse spierverslapper in die huis om sy pyn in bedwang te hou nie.Kaptein Jean is reg. Hulle gaan nie gou oor hierdie enetjie kom nie.

Een ding weet ons nou sonder twyfel. Die Springbokvoorry MAG maar skrum. Kom ons kyk wat gebeur teen die Chiefs. Net jammer die Sharks moet nou weer ure vlieg, maar dit is deel van die spel.

 

Etzebeth jou yster.Jy het Bismarck mooi geloop.

 

Groete tot later

18 antwoorde op Geluk Sharks

  1. TS het gesê op Julie 29, 2012

    ons hou maar duim vas

  2. louisna het gesê op Julie 29, 2012

    Yes, kom ons kyk

  3. Neffertiti het gesê op Julie 29, 2012

    Ek ploeg nou met my man se kalwers, het jy al gesien hoe huil die Argentyne as hulle hul volkslied sing?
    Etzebeth is mos baie swaarder as Bismarck, hy sal hom mos terugstamp.
    Dis mos logies.

  4. louisna het gesê op Julie 29, 2012

    Baie logies ja, maar komende van ‘n twintigjarige teen ‘n hardebaard wil nogal gedoen wees.

  5. lora2me het gesê op Julie 29, 2012

    Die een se nood is die ander se brood/rugbybal.

  6. Ek het nie veel hoop nie……

  7. Wie was dus reg, DDD?
    Dom-dik-dowus…

  8. bloukaap het gesê op Julie 29, 2012

    my span het verloor
    met rede
    en die sharks met verdienste gewen
    maar Bismark sal weet, iemand anders is oppad om die MENEER van Bokrugby te raak.
    mag die Sharks die Chiefs opdonner.
    Viva SA!

  9. louisna het gesê op Julie 30, 2012

    En daai Meneer is maar 20 jar oud. Skerp waarneming van jou.

  10. louisna het gesê op Julie 30, 2012

    Ek weet nie of ek jou begryp nie.

  11. louisna het gesê op Julie 30, 2012

    Ek stem, soos ek in my vorige pos gese het. Koppie gaan terug NZ toe.

  12. louisna het gesê op Julie 30, 2012

    Baie waar.

  13. endlich het gesê op Julie 31, 2012

    Hy huil seker omdat hy nie meer ‘n bul is nie…

  14. louisna het gesê op Julie 31, 2012

    Dalk

  15. MarynaM het gesê op Augustus 1, 2012

    Ek wens ek kon saampraat maar ek sal maar net groente op die tafel sit.

  16. louisna het gesê op Augustus 2, 2012

    Thanks Maryna

  17. Ek kyk nie rugby nie, maar het gehoor die Stormers se verloor was maar ‘n geween en ‘n gekners van tande…

  18. louisna het gesê op Augustus 3, 2012

    Arme Stormers. Tien jaar laas ‘n beker vasgehou. Dankie vir de inloer

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.