Waar gaan die koppie staan?

Julie 28, 2012 in Sonder kategorie

Ek vermoed in Hamilton. Dit is nie dat ek negatief is nie, maar dit is bloot my verstand wat my inlig.


Om die Super 15 behoorlik te geniet, moet mens die hele kompetisie so volledig moontlik volg van begin tot einde. Die Chiefs se opbou na die finaal het nogal selfvertroue uitgestraal.


Toe hulle die sewevoudige kampioene die Crusaders wen, toe sien ek in my geestesoog waar die Super 15-koppie gaan staan.


As die Sharks vanmiddag wen, is daar nie juis enige kans dat hulle die magtige Chiefs op hul tuisveld gaan wen nie.


As die Stormers wen, kan die finaal hier te lande dalk meer kykbaar wees.

Wat is die voordeel as jou span nie speel nie? Mens kan die rugby ten volle geniet sonder vrees vir verlies van blaasbeheer. 


Mooi naweek verder

12 antwoorde op Waar gaan die koppie staan?

  1. TS het gesê op Julie 28, 2012

    Jy kan dalk reg wees!

  2. louisna het gesê op Julie 28, 2012

    Thanks Tina. Ek dink ook nogal so

  3. Defnitief beter vir SA rugby as die Stormers wen. Maar hoe ondersteun n Bulle fan die Stormers? GO SHARKS!!!

  4. louisna het gesê op Julie 28, 2012

    Thanks. Ja om vir die Stormers te skree is hoogverraad

  5. HeavyHenry het gesê op Julie 28, 2012

    🙂

  6. Geitjie1 het gesê op Julie 28, 2012

    Ai Ouboet is alle Bulls ondersteuners so negatief oor die Sharks? Dalk oor hulle mooi rugby speel?

    Ek hoop die Sharks wen vandag sodat die Bulls van die vloer af kan vreet maar as die Stormers wen vreet jul nog steeds van die vloer af, met jul neuse in die stof gedruk!

    Go Sharks!!!

  7. louisna het gesê op Julie 29, 2012

    well done Sharks

  8. louisna het gesê op Julie 29, 2012

    Mooi

  9. endlich het gesê op Julie 29, 2012

    vir goeie sportmansgees sal ek se, mooi so Sharks. Met ‘n groot eina op my hart vir die ander ene se part, wat erg gewond van nuweland af huis toe gekom het gister aand. En ‘ klein bietjie sooibrand omdat ek weet die bulle en hul ondersteuners kry lekker. The name of the game – wat ek meestal nie kyk nie.

  10. louisna het gesê op Julie 29, 2012

    Die Stormers bloei. Mens kan hulle jammer kry.

  11. Geitjie1 het gesê op Julie 30, 2012

    He he he………….lekker!

    Nou’s jetlag die groot faktor.

    Go Sharks!!! Sterkte!

  12. louisna het gesê op Julie 30, 2012

    Kom ons hoop vir die beste, maar ek twyfel of hulle die knoop gaan deurhaak.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.