Heerlike naweek.
Julie 16, 2012 in Sonder kategorie
Ons gesinnetjie was die naweek in die jagveld. Seuns het elk 2 bokke geskiet en meer as aan die verwagtinge voldoen. Die Remington Magnum en 308 was albei in die kol.
Toe sê ouboet jnr hy wil graag vir sy oom wat met die wapenlisensie-hernuwingsprobleem vir hom ‘n .222 en ‘n twaalfboor persent gegee het, ook ‘n bok skiet. Toe wil hy graag die .222 gebruik, wat teen die reëls is. Toe beding ouboet ‘n uitsondering met die PH en ‘n halfuur later val oom John se bok.
Dit was ongelooflik koud, maar ‘n groot vuur en rooiwyn saans het baie gehelp om die lang kuiers behaaglik te maak.
Groete
CBL1979 het gesê op Julie 16, 2012
Klink heerlik!
louisna het gesê op Julie 16, 2012
Yes baie lekker dankie.
HeavyHenry het gesê op Julie 16, 2012
Wat is verkeerd met ‘n .222?
louisna het gesê op Julie 16, 2012
Niks verkeerd nie, maar teen die plaas se reels.
HeavyHenry het gesê op Julie 16, 2012
Plaaslike ordonnansie…
Ek veronderstel dit het te doen met naweekjagters wat nie kan skiet nie…
rosiemetdorings het gesê op Julie 16, 2012
Ek het 4 manne in my lewe wat nie een van jag hou nie
Book_Ends het gesê op Julie 16, 2012
Gelukkig meng ek ook net met beskaafde mense
Neander het gesê op Julie 16, 2012
Nee dit het met ballistiek te doen. Die .222 is te vinng met hoë energie, maar min slaankrag. Die koeël gan te vinnig deur die bok.
Magnums is ook te vinnig.
Dis waarom Olifantgewere soos 577 Nitro Express swaar koeëls het met minder energie.
E= 1/2 mv x v teenoor Momentum = MV.
endlich het gesê op Julie 16, 2012
Staan PH vir ‘n soort geweer of lees ek reg?
Ek begeer ‘n paar kuduhorings nog so aan die skedel – lekker common en onbeskaafd, ne. Ek wil hom net nie self skiet nie (nog dubbelle standaarde ook…)
HeavyHenry het gesê op Julie 16, 2012
Sagte punte kan ‘n moerse verskil maak aan die trefkrag – maar dan eet jy mince!
Planeet.Stander het gesê op Julie 16, 2012
Het pas ‘n heerlike lag agter die blad. Kan ek jou aandag vestig op die Anti’s se skuim om die mond, gruwelooslike veralgemening,logika gestemde, emosioneel histeriese vloermoerre van Post & kie onder die opskrif: Culling & hunting.
Ek-Myself het gesê op Julie 16, 2012
Klink lekker!
Ek-Myself het gesê op Julie 16, 2012
Josfien, wat wil jy daarmee doen?
endlich het gesê op Julie 16, 2012
Oe, iewers ‘n plekkie teen ‘n muur – lekker retro kitch. pas mooi by my art deco stukke.
Of dalk iewers tussen die franse krulle en harte en klippe van oral oor….
Dis net vir my sooo mooi.
Die plek waar ons in Namibie was s’n was als op verkoop! niks meer oor vir my nie…
louisna het gesê op Julie 16, 2012
Heerlik
louisna het gesê op Julie 16, 2012
Ek steur my nie aan hulle nie.
louisna het gesê op Julie 16, 2012
PH = Professional Hunter.
louisna het gesê op Julie 16, 2012
Daar is 4 koedoekoppe in my huis. Seuns se skietwerk
louisna het gesê op Julie 16, 2012
sommige ,mans like dit nie.
louisna het gesê op Julie 16, 2012
Thanks Neander vir die opheldering
louisna het gesê op Julie 16, 2012
Thanks vir die inloer Henry. Ja jy het ‘n punt beet
Planeet.Stander het gesê op Julie 16, 2012
Die gebruik van retoriek, haatspraak en gebrekkige logika herhinner sterk aan die Malema karakter.
Maar ek dink jy is reg. En my ouma het altyd gese: “Antwoord ‘n dwaas nie in sy (of haar) sotheid nie.”
louisna het gesê op Julie 17, 2012
Baie waar
louisna het gesê op Julie 17, 2012
Yes, tensy jy kopskote skiet
endlich het gesê op Julie 17, 2012
nice – reget trofee’s. soos ek se dis vir my rerig mooi, maar of ek ooit self ‘n bok sal kan skiet – weet darem nie. Dubbelle standaarde soos ek se
LinFlin het gesê op Julie 17, 2012
Hi Ouboet. Wat het van Charlene geword????
louisna het gesê op Julie 18, 2012
Ek weet nie
louisna het gesê op Julie 18, 2012
Probeer. Dis lekker
endlich het gesê op Julie 18, 2012
Ek kan ‘n blikkie op ‘n muurtjie onder homself uitskiet, maar ‘n bok? – nee wat. Ek los dit vir julle gehardes.
louisna het gesê op Julie 19, 2012
Probeer net.
endlich het gesê op Julie 19, 2012
hou nou op, ek het mos gese….Die ander ene kan maar gaan jag, dis dan my “af” naweek. Ek gee dit in elk geval nie prys nie, nie vir bokskiet nie, dankie. En dan natuurlik al die ander “voordele” wat saam met ‘n vrou gaan soos skoonmaak en toebroodjies en koffie maak. ‘n groot nee dankie, Ouboet. bring net die horings, se ek.
louisna het gesê op Julie 20, 2012
OK. Ek maak so
endlich het gesê op Julie 20, 2012
🙂
louisna het gesê op Julie 22, 2012
!
philvr het gesê op Augustus 20, 2012
Ek doen die ding met my .308
het ook n .22 Hornet by my Pa geerf.
My twee seuns hou ook van jag.
Mooi loop,
PvR
louisna het gesê op Augustus 20, 2012
Thanks vir die inloer. 308 bly champion