Ouboet is nie lekker nie

Julie 4, 2012 in Sonder kategorie

So ‘n jaar gelede stap ek die hotel in Bloemfontein binne. My regterbeen reageer nie soos normaal nie en my regtervoet begin effens moeilik optel. Ontvangsdame vra of ek OK is. Na elke vliegtuigrit daarna sukkel ek om vir ‘n ruk ordentlik te loop.


Na herhaalde onsuksesvolle opvolgbesoeke aan die radioloog, ortopeed, neuroloog, fisioterapeut en ander ondersoekers wat my “shock” en naalde in my rug en boude inwurg, stuur GP my neurochirurg toe wat my laat opneem en verskeie rugmurg- en breinscans by die MR Instituut laat doen.


Ek ly aan klausterfobia en daai kop eerste in die tonnel het my amper letterlik laat kopuittrek. Gelukkig het hulle my goed gespuit voor die tyd vir “kalmte”, maar niks help teen daai oorverdowende byklanke wat soos klippe op ‘n sinkdak klink nie.


Ek verstaan nie heeltemal die spesialiste se taal nie, maar ‘n operasie (loslating) tussen 4 en 5 (whatever dit ook al mag beteken), mag verligting met die beenbeweging bring. Ander “letstels” in die senuweesisteem (whatever dit ook al mag beteken) kan moontlik verbeter word met medikasie, of ten minste verdere verswakking onderdruk.


Wat was nog negatief in die hospitaal? Hulle wou my nie gister ontslaan nie en toe mis ek ouboet jnr se 26ste verjaarsdagparty. Die klein porsies aandkos wat nie eers ‘n klein en ondergewig kleuterdogtertjie sal volkry nie is ook myns insiens teen die grondwet. Toe stap ek maar hospitaalcafe toe.

 

Op hierdie trant groet ek julle vir eers.


Hinkende-pinkende-groete

 

ouboet

36 antwoorde op Ouboet is nie lekker nie

  1. HeavyHenry het gesê op Julie 4, 2012

    Ag hel. Sterkte daar!

  2. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Baie dankie Henry. Sleepvoet is nie lekker nie.

  3. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Baie dankie. Ek vermoed die rof kom nog..

  4. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Ek is by Dr Jacques du Plessis by Eugene Marais. Blykbaar ook briljant. Thanks vir die mooi wense Anha

  5. TS het gesê op Julie 4, 2012

    Hulle gaan jou sommer gou fix… sterkte… mens word gouer gesond as jy die instruksies volg

  6. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Ek sien Engelbrecht is ‘n ortopeed. Volgens die GP moet ‘n neurichirurg en ‘n ortopeed die operasie saamdoen. So, dit is ‘n moontlikheid, maar ek weet dr Du Plessis werk saam met Basson by Eugene Marais.

  7. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Thanks Tina. Ek hoop jy’s reg.

  8. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Thanks Anha. Jou kennis van die industrie as gevolg van jou werk ag ek baie hoog.

  9. CBL1979 het gesê op Julie 4, 2012

    Baie sterkte, hoop jy is sommer gou weer op die been! 😉

  10. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Baie dankie, maar dit operasie sal seker eers oor ‘n maand of wat gedoen kan word

  11. CBL1979 het gesê op Julie 4, 2012

    Ai, soms is die gewag amper erger as die operasie. Hou ons maar op hoogte hoor!

  12. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Ja, die gewag knaag aan die gemoed. Ek sal julle op hoogte hou.

  13. TheGiz het gesê op Julie 4, 2012

    Sterkte ouboet. As jy weer sien is die maand se wag EN die sleepvoet iets van die verlede!

  14. TS het gesê op Julie 4, 2012

    Ek het ‘n boodskap van ‘n oud-blogger vir jou geinbox

  15. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Baie dankie. Ek hoop so jy is reg. Ek het nou die dag ‘n vername groep vrouens toegespreek, en sleepvoetjie werk nie lekker nie, want ek loop en praat.

  16. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Thanks Tina. Gelees en beantwoord. Stuur asb vir hom my kommentaar en dank. Sulke positiewe kommentaar is wat ek nou nodig het, want ek hou nie van “slag” nie. Jammer ek het sy naam (Dirkie) uitgelaat.

  17. dis nou een plek waar ek regtig hoop nooit aan my gesny hoef te word nie.
    ek’s hond bang vir enige lollery met werwels (chicken, ek weet)

  18. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Thanks vir die kuiertjie Rosie. Ek deel jou vrees, maar die GP het my vanoggend ingelig dat hy vermoed ek het nie ‘n keuse nie. Maar hy kan nie namens die neurochirurg praat wat ek eers 13 Julie weer sien nie.

  19. dit sal goed gaan …

  20. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Baie dankie vir jou insig en opinie

  21. TS het gesê op Julie 4, 2012

    *fluister* Dirkie is ‘n dame… sy is die dame wat so mooi vertel het van die aanneem van twee kinders?

  22. louisna het gesê op Julie 4, 2012

    Sorry, hou die misverstand tussen ons en stel die “foukie” reg waar nodig.

  23. Carol460 het gesê op Julie 4, 2012

    Foeitog man! Hoop dit gaan gou beter ! Xx

  24. frandr het gesê op Julie 4, 2012

    Dis nou nie lekker nie. Sterkte, Ouboet!

  25. bloukaap het gesê op Julie 5, 2012

    vokkit ouboet, slaan die lyn na kamma, sort die kak uit, julle ntvl’ers het juis gewig nodig. sterkte

  26. louisna het gesê op Julie 5, 2012

    Thanks. Goeie idee

  27. louisna het gesê op Julie 5, 2012

    Baie dankie. Ouboet waardeer

  28. louisna het gesê op Julie 5, 2012

    Baie dankie Caro

  29. Retha73 het gesê op Julie 6, 2012

    Mag ek my sent in die ambeurs gooi?
    As daar tyd is en jy is oopkop genoeg gaan sien ‘n refleksioloog, geen naalde geen pyn net ‘n lekker voetmassering. Sy sal aan die kant van jou voet werk(die kant af by jou groottoon verby)

    As dit nie help nie ja dan sal ek sê oorweeg die lem. Baie sterkte om met pyn te loop en “loop” is aaklik.

    Alle voorspoed!

  30. louisna het gesê op Julie 6, 2012

    Baie dankie. Ek sal dit eers probeer, want ek is maar bang vir die lem

  31. Retha73 het gesê op Julie 6, 2012

    As jy in Bloem was sou ek die voete gedruk het. Glo my dit werk van griep tot nierstene. As ons baie wikkel aan jou voete glo ek ons kan die werwels ook wikkel

  32. louisna het gesê op Julie 6, 2012

    Baie dankie vir die raad. Ek sal dit beslis probeer

  33. LinFlin het gesê op Julie 6, 2012

    Ouboet 11 vlakke is in my rug gefuse. Ja reg gelees. ELF. Harrington Rods.

  34. louisna het gesê op Julie 6, 2012

    Thanks. So daar is hoop. Dankie vir die inloer

  35. endlich het gesê op Julie 16, 2012

    Sjame, ouboet, ek lees nou eers. Hoop dit gaan al beter.

  36. louisna het gesê op Julie 16, 2012

    Dankie. Ek sien Maandag weer die spesialis.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.