Aborsie
Junie 8, 2012 in Sonder kategorie
Jou oorsprong
behaaglik
diep in die nag
Jou einde
skrikwekkend
met die ligte af
Jou verlossing
skreiend
in die toilet af
Junie 8, 2012 in Sonder kategorie
Jou oorsprong
behaaglik
diep in die nag
Jou einde
skrikwekkend
met die ligte af
Jou verlossing
skreiend
in die toilet af
Junie 6, 2012 in Sonder kategorie
Die lewe was regverdig
wat jy insit haal jy uit met
trurat die enigste wapen
om geruisloos weg te kom
Die lewe bly wetmatig soos
glipsies na die springgety
Maar as hul oudword pomp
hul lug en dink altoos terug
aan die dae
toe trou in wit op 16 in, en
skei op geen kaart was nie
Maar die oksimoron van
die gulste golf val deesdae altyd by:
Hier is solank jou persentjie
maak hom eers Kersfees oop
Pasop, hy’s dun en sag
dié fyn ou rubbertjie
Junie 5, 2012 in Sonder kategorie
‘n Rysige tannie van in haar sewentigs, in haar beknopte en afgeleefde Austin Mini uit die sewentigerjare van die vorige eeu, ry uiters stadig en draai rustig voor ons in terwyl Pa teen ’n bekwame spoed op haar afsnel. Die verkeerslig slaan oor na groen en die tannie begin briek. Pa maak ’n gepaste opmerking wat ek uit respek vir die waardigheid van die oomblik met graagte effens wil sensor. Hy koppel wakkerword en rigting aanmekaar en ’n woordvlotte kragtoer, gelaai met ryk metafore en gepaste rymwoorde, raak oor hom vaardig.
Geagte Voorsiter, dames en here,
Die HAT definieer die woord rigting as die “kant waarnatoe beweeg of gemik moet word, sy waarheen beweeg moet word, kant waarheen ’n mens kyk omdat iets jou aandag daarheen trek of iemand jou daarheen beduie het.” Of mollige die tannie met die pers geteasde hare miktraag was, bewegingsvrees ervaar het en of sy deur haarself beduie is, is nie ter sake nie. Die kern van die woord rigting is veel eerder of jy rigting het of nie. Dit bring my by die kernvraag wat ek graag onder die loep wil neem: Is mens in staat om self rigting aan jou lewe te gee? Ek sê onomwonde ja!
Wat is die verskil tussen ’n bergie wat op bloutrein en ’n witbrood floreer, of ’n Beethoven, wat as ’n stokdowe, meesterwerke soos Fur Elise en Moonlight Sonata skep? Het rigtingvastheid, of sy teenpool rigtingloosheid, dalk iets daarmee te doen? Die rigtingvaste teoretiese fisikus, Professor Stephen Hawking, kon dalk ‘n hobo geword het, maar hierdie man wat aan ‘n rolstoel gekluister is, sy stem verloor het en as ’n hulpelose bondeltjie mens voorkom, ontrafel steeds daagliks die rigting van sterre, die magic van die onvertaalbare term black holes en die ontstaan van die heelal. Hy probeer steeds antwoorde soek op die mens se moeilikste vrae. Is die verskil tussen ‘n Hawking en ‘n hobo net ‘n kwessie van rigting? Volgende vraag asseblief. Ek dink die man verdien die Nobelprys vir fisika.
Het elke mens ’n kompas in sy brein waarmee hy of sy sy eie rigting bepaal? Beslis ja! Rigting is ’n keuse. Goed, keuses is soms moeilik met versteekte afdraaipaaie en winkende hande wat nie noodwendig altyd brein toe mik nie, maar in die wysheid van die ou Sjinese spreekwoord sit die kompas tussen die ore: “’n geslote verstand is soos ’n toe boek: net een blok hout.”
Is daar wenke buite jouself om jou te help om rigting te bepaal? Weer eens is die antwoord ‘n onomwonde ja. Luister na ervare mense, soos ouers en onderwysers. My en Marcel se rit nou die oggend met ’n bromponie sonder valhelms was rigtingloos, maar ons het dit eers halfvier die oggend agtergekom toe ons ouers ons by Pretoria-Noord se polisiestasie moes kom haal. Soms luister kinders nie na raad nie. Die legendariese Mark Twain se stukkie wysheid spreek boekdele: “’n Oop gemoed skep die geleentheid vir iemand met wysheid om ’n goeie gedagte daarin te laat.” Goeie gedagtes wat knus tussen die ore nesmaak, gee beduidende rigting.
Victor Goertzl beskryf in sy boek Cradles of Eminence die enorme invloed wat ouers op kinders se ontwikkeling, koers en rigting het. Byvoorbeeld, moeders wat hul seuns as helde beskou is geneig om beter te presteer en goeie leiers te word. Afwesige ouers kweek soms verwarde, soekende, rigtinglose en ewe afwesige kinders.
Die psigiater Dr Victor Frankl oorwin sy vrees in die Auswitz-konsentrasiekamp en hou merkwaardige rigting. Sy boek Man’s search for meaning illustreer ‘n rigtingvaste oorwining oor die feitlik onmoontlike.
Hoeveel keer het u al die woorde “kry rigting” gehoor? Indien dit weer gebeur, neem keuses, kry raad en kry rigting. Alles is gekonsentreer in die mens se boonste verdieping….. die bevange ruimte tussen die ore, en in my geval bakore. Neem raad oor rigting ter harte, en waar u raad uitdeel, wees tog diplomaties:
Rysige tante in jou Mini
Rev of kry rigting
Of jou karretjie issie meerie
Ek dank u.

Junie 4, 2012 in Sonder kategorie
Formulier en trousweer
aan die ander helfte
Eerste lig en skree van
pasgebore kindertjies
Boer- en Kakieskote
in die Boereoorlog
Somber kluitklap
op kombers of kis
Jy’s plek-plek soos Psalm
honderd blink- en deurgevat
Hoeveel het jy nog in
anderhalfeeu meegemaak?
Met jou leer en koperknippe
en die swaar gebooie tussenin
bly jy soos die spieël se
raaisel dig tot eendag toe
Baie liefde volop
oeste skape en
helaas genade
Groot gesinne
reeds geslagte
lank ‘n bate
Oorlog bloed
depressie en
versnipper
armoede vyftig
lappies grond,
helaas genade
vervolmaak die
kuns van teel
en onderverdeel
aan die einde van
dié lang ketting
erf jy nét genade
Toilet in konsentrasiekamp
Verdwaalde plank
Gat in grond, oumens val
Geen water, geen seep
klewende stank
word eenkant en koud
snerpend uitgesweet
Junie 3, 2012 in Sonder kategorie
Alles is hier
volmaak
geskep
vir my en jou
Die kruitvat se verwronge spel
vermink die fynvat aan die siel
tog is alles hier volmaak geskep
vir my en jou
Die fynvat aan die boud of rug
is soms ‘n sprankie hoop
die donker nag
se metafoor
wat wag en hoop
wag en hoop
in hierdie uur van wakkerloop
se skeidingsvrees
Die smal weg van alleenwees
roep ons telkens terug na meer as
wie is reg, verkeerd, vervloek
tot repies van die naakte siel
wat lig kaats teen die donker
ruit, uitkring en
versadig raak
van kruit en bloed
Alles is hier
volmaak
geskep
vir my en jou
Junie 2, 2012 in Sonder kategorie
Seun se vertaling vir Afrikaans-Ekspo (landswenner in senior vertaalkategorie)
Inleiding
‘n Paar jaar gelede het my pa ‘n dik boek oor die Naudé-famlie geskryf en pragtige leergebinde kopieë aan my ouma, my tannie en sy twee seuns gegee. Ek het nooit die boek volledig gelees nie, maar hier en daar het iets treffends my oog gevang. Die stukkie oor my oupagrootjie se begrafnis was roerend en ek haal die volgende deel aan wat my na die pen laat gryp het:
“Oupa Adriaan se afsterwe en begrafnis in April 1964 was my eerste nadere kennismaking met die dood en die impak daarvan op die agtergeblewenes. Oom Andries het ‘n roerende laaste woord by die graf gedoen. Sy slotwoorde ‘vaarwel ons vader, vaarwel’ het Ouma se trane asook dié van haar kinders, kleinkinders en vriende spontaan laat vloei. In daardie dae is ‘n lied nog by die sak van die kis gesing: ‘Rus my siel. Jou God is koning.’ Die plaaswerkers is met ‘n trekker en sleepwa aangery om Oupa te kom groet. Hul laaste lied was aangrypend mooi. Hulle sing in nootvaste en suiwer stemme met verskillende toonhoogtes en invalshoeke, en die emosie wat hierdie laaste offer in jou wakker skeur laat jou besef dat die dood die mens se heel laaste groet van sy eerste skof is.”
Hier volg my weergawe van Oupa (my oupagrootjie) se begrafnis:
Die gedig in Afrikaans
Oupa se begrafnis
Rus my siel
jou God is koning
vaarwel ons
vader vaarwel
toe die plaasvolk
se hemelsange
rou emosies in
ons wakker skeur
was almal nootloos
en sonder woorde
ons groet
verlaas
‘n oupa, ‘n trekker
en ‘n sleepwa
en salueer
sy vrag
Die vertaalde gedig
Grandpa’s funeral
Rest my sole
the Lord is king
Farewell our father,
farewell
When the workers’
heavenly melodies
moved us to
raw emotions
we were out of tune and
out of words
We greet
at last
a grandpa a tractor
and a wagon
and salute its
load
Onlangse kommentare