Die dice

Junie 28, 2012 in Sonder kategorie

 

Die dice val sag

eerbiedig soos roosblare

‘n geliefde vir oulaas

in ‘n oop graf soen

 

Vlinders talm by elke kelk

tot die laaste lig verflou

ons is hier, ek en jy

terug by die groot spel

 

van wanneer en waar die fyn

kuns van laaste lag

die eerste keer

aan ons verskyn het

 

In hierdie uur van stilwees

sit ons oor mekaar en vrees die

uitslag van die val

van aanhou gooi en aanhou hoop

 

Hier waar ons sit en wag

troos die wind ons

en droog ons mekaar

se trane vir oulaas af

 

voordat die dice vir oulaas val

12 antwoorde op Die dice

  1. TS het gesê op Junie 28, 2012

    Sterkte!

  2. louisna het gesê op Junie 28, 2012

    Thanks Tina

  3. Wrong het gesê op Junie 28, 2012

  4. louisna het gesê op Junie 28, 2012

    ???

  5. Pragtig geskryf,Ouboet.

  6. louisna het gesê op Junie 28, 2012

    Baie dankie. Is jy die Perdebytjie wat op Senet geskryf het/skryf? Pragtig.

  7. Sjoe,mooi gestel ! Jy maak my skoon hartseer.

  8. louisna het gesê op Junie 29, 2012

    Baie dankie

  9. Perdebytjie het gesê op Julie 2, 2012

    Ja,ek skryf seker al so drie jaar op SêNet.Vandat ek blog,kom ek nie meer by die briewe uit nie,lewer darem so af en toe kommentaar daar.

  10. louisna het gesê op Julie 2, 2012

    Mooi. Ek het Senet heeltemal gelos.

  11. Perdebytjie het gesê op Julie 2, 2012

    Dis deesdae maar vervelig en ‘n missie om daar te kom.Lomperige gedoente.

  12. louisna het gesê op Julie 3, 2012

    Ek dink dit is swak

Los ’n antwoord vir Wrong. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.