Die strewes van ‘n kind
Junie 18, 2012 in Sonder kategorie
Ek kom af op die volgende versie wat seun vir sy meisie in standerd vyf geskryf het. Sy juffrou het blykbaar die versie “onderskep” toe toe hy dit aanstuur en toe gaande daaroor geraak.
My flitsie in die donker
ek droom seker, want
my pen wil nie skryf nie
en my tong bly stotter
juffrou raas met my
die antwoorde ontwyk my
my broodjies
is bitter
maar vanaand werk
alles weer volmaak
as my blink
droommasjien aangaan
en hy jou naam en skugter
lyfie teen my ruit kom kaats
Ek droom seker want
ek bly jou naam stotter
deesdae sommer
helderoordag
DieApieInMyKop het gesê op Junie 18, 2012
Dis so oulik!
endlich het gesê op Junie 18, 2012
Wow!!
‘n grootmensdenker in ‘n kinderlyfie
gewoonlik kry sulke mense swaar.
‘n groot talent met woorde het hy, verseker.
lora2me het gesê op Junie 18, 2012
…maar hy is ‘n romantiese siel!
louisna het gesê op Junie 18, 2012
Yes, nogal
louisna het gesê op Junie 18, 2012
Baie dankie. Talent by ouma geerf
louisna het gesê op Junie 18, 2012
Baie dankie
louisna het gesê op Junie 18, 2012
Thx
endlich het gesê op Junie 18, 2012
jys darem nie helemal oorgeslaan nie
louisna het gesê op Junie 18, 2012
Thx
louisna het gesê op Junie 20, 2012
Inderdaad. Thanks vir die inloer
Perdebytjie het gesê op Junie 22, 2012
Lyk my die appel val nie ver van die boom af nie.
louisna het gesê op Junie 22, 2012
Thx. Ouboet waardeer