Die strewes van ‘n kind

Junie 18, 2012 in Sonder kategorie

Ek kom af op die volgende versie wat seun vir sy meisie in standerd vyf geskryf het. Sy juffrou het blykbaar die versie “onderskep” toe  toe hy dit aanstuur en toe gaande daaroor geraak.

My flitsie in die donker

ek droom seker, want

my pen wil nie skryf nie

en my tong bly stotter

 

juffrou raas met my

die antwoorde ontwyk my

my broodjies

is bitter

 

maar vanaand werk

alles weer volmaak

as my blink

droommasjien aangaan

 

en hy jou naam en skugter

lyfie teen my ruit kom kaats

Ek droom seker want

ek bly jou naam stotter

 

deesdae sommer    

helderoordag

12 antwoorde op Die strewes van ‘n kind

  1. Dis so oulik!

  2. endlich het gesê op Junie 18, 2012

    Wow!!
    ‘n grootmensdenker in ‘n kinderlyfie
    gewoonlik kry sulke mense swaar.
    ‘n groot talent met woorde het hy, verseker.

  3. lora2me het gesê op Junie 18, 2012

    …maar hy is ‘n romantiese siel!

  4. louisna het gesê op Junie 18, 2012

    Yes, nogal

  5. louisna het gesê op Junie 18, 2012

    Baie dankie. Talent by ouma geerf

  6. louisna het gesê op Junie 18, 2012

    Baie dankie

  7. louisna het gesê op Junie 18, 2012

    Thx

  8. endlich het gesê op Junie 18, 2012

    jys darem nie helemal oorgeslaan nie

  9. louisna het gesê op Junie 18, 2012

    Thx

  10. louisna het gesê op Junie 20, 2012

    Inderdaad. Thanks vir die inloer

  11. Lyk my die appel val nie ver van die boom af nie.

  12. louisna het gesê op Junie 22, 2012

    Thx. Ouboet waardeer

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.