Punchline

Junie 10, 2012 in Sonder kategorie

Vormloos en vaag genoeg

dring hy verbasend genoeg deur

In halwe gelid sit almal

en kyk na die onkykbare

ritueel wat homself

in speeltyd afwerk

By die eindrondte van die ongedefinieerde

kompetisie waar niks te wen is nie

met halwe woorde as vae vastrapplek

op ‘n refrein wat erg skommel

soos ’n politikus

wat stotter

wig ‘n kriptiese punchline homself rigtingloos

tussen niks en ‘n stilstaande stroom in

 

8 antwoorde op Punchline

  1. mooi woorde in hierdie gejaagde ontembare winde van verandering …

  2. Unicorn007 het gesê op Junie 10, 2012

    Ek het die punchline gemis. Jammer.

  3. lora2me het gesê op Junie 10, 2012

    Hierdie een verg meer as een lees.

  4. louisna het gesê op Junie 11, 2012

    Yes

  5. louisna het gesê op Junie 11, 2012

    Daar is nie ‘n punchline nie. Dit is die hele bedoeling

  6. louisna het gesê op Junie 11, 2012

    Yes, thanks

  7. palamino het gesê op Junie 11, 2012

    Darwinia, ek dink iets soos
    “Vormloos en vaag genoeg
    dring hy verbasend genoeg deur”

    is vir my met my uitnemende verbeelding wragtag ‘m metafoor vir sex of ietsie…. disturbing, very disturbing…

  8. louisna het gesê op Junie 11, 2012

    Skerp van jou

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.