Die verskil tussen oumense en kinders
Junie 30, 2012 in Sonder kategorie
Die kind in kenswees
is ‘n skugter saak
die kens van kindwees
is ‘n oumens ver
net die tug
wat moeilik raak
Junie 30, 2012 in Sonder kategorie
Die kind in kenswees
is ‘n skugter saak
die kens van kindwees
is ‘n oumens ver
net die tug
wat moeilik raak
Junie 28, 2012 in Sonder kategorie
Die dice val sag
eerbiedig soos roosblare
‘n geliefde vir oulaas
in ‘n oop graf soen
Vlinders talm by elke kelk
tot die laaste lig verflou
ons is hier, ek en jy
terug by die groot spel
van wanneer en waar die fyn
kuns van laaste lag
die eerste keer
aan ons verskyn het
In hierdie uur van stilwees
sit ons oor mekaar en vrees die
uitslag van die val
van aanhou gooi en aanhou hoop
Hier waar ons sit en wag
troos die wind ons
en droog ons mekaar
se trane vir oulaas af
voordat die dice vir oulaas val
Junie 25, 2012 in Sonder kategorie
Eenkeer elke paar jaar
mosaïek repies lig spontaan…
verdig dan tot meestermetafoor
en veredel spontaan…
en smeek om gedig te word,
plavei hulself:
jou woorde
jou woorde
jou metaforiese
soet woorde
Die spel in
jou woorde
jou woorde
hul kronkelpaadjies
gaan reguit siel toe
Junie 24, 2012 in Sonder kategorie
Twee
O aarde
Blog al ‘n paar jaar
Eers baie gefight
Intrigue die oorgeslaandes
Word getrol sonder enige verklaarbare rede
Junie 22, 2012 in Sonder kategorie
Oorgeslaandes is goeie drolle. Dit wat tydens die opvoedingsproses grotesk verkeerd uitgedraai het word voor die hoofpawiljoen uitgestal in skakerings van jammerkry. Foeitog.
Om foute raak te sien is die maklikste akiwiteit denkbaar en toevallig ook die enigste wat die drolle bemeester. Welgedaan.
‘n Pisreuk hang oor die plein.
Junie 18, 2012 in Sonder kategorie
My flitsie in die donker
ek droom seker, want
my pen wil nie skryf nie
en my tong bly stotter
juffrou raas met my
die antwoorde ontwyk my
my broodjies
is bitter
maar vanaand werk
alles weer volmaak
as my blink
droommasjien aangaan
en hy jou naam en skugter
lyfie teen my ruit kom kaats
Ek droom seker want
ek bly jou naam stotter
deesdae sommer
helderoordag
Junie 11, 2012 in Sonder kategorie
OK, Meyer het nie genoeg tyd gehad om sy span mooi af te rond nie, maar ‘n wen bly ‘n wen.
Ek vermoed ons gaan die twee oorblywende toetse ook wen.
Houghaard het beslis nie ‘n goeie dag beleef nie, maar dalk sal ‘n koppie tee met Heynecke ‘n goeie heleentheid wees om hom aan te vat oor sy swak besluit voor die pale.
Hoekom Heinrich Brossouw nie die span gehaal het nie is nie vir my duidelik nie. Bakkies Botha het ‘n beter opvolger as wat hyself is/was.
Is die oplossing vir die langtermynkaptein nie dalk Adriaan Strauss nie? Jammer die Vrystaats slaan plek plek deur, maar ek bly objektief.
Groete
ouboet
Junie 11, 2012 in Sonder kategorie
Verdien hom laag
en dra hom hoog
die brandmerk-pouveer
tooisel van die hoof
Ja of nee se kuns
van keuses maak
ken van uiterstes
ken ook die geheim
van lê of nee sê; van
die skulpie en die boor
Junie 10, 2012 in Sonder kategorie
Vormloos en vaag genoeg
dring hy verbasend genoeg deur
In halwe gelid sit almal
en kyk na die onkykbare
ritueel wat homself
in speeltyd afwerk
By die eindrondte van die ongedefinieerde
kompetisie waar niks te wen is nie
met halwe woorde as vae vastrapplek
op ‘n refrein wat erg skommel
soos ’n politikus
wat stotter
wig ‘n kriptiese punchline homself rigtingloos
tussen niks en ‘n stilstaande stroom in
Junie 9, 2012 in Sonder kategorie
Vytjie het
‘n natkol gelaat
nie op die agterseat nie
want sy’t die trade verlaat
nie op haar skoot nie want
sy’t ‘n sakdoek gehad
Vytjie het
‘n natkol gelaat
nie in haar broekie nie
want sy het oorgeslaan
Onlangse kommentare