Gewete

Mei 28, 2012 in Sonder kategorie

Selfs waar die metafoor

uit los gedagtes spring

is skuld tog so vennynig kru

op die homo sapiens-siel

Die fynvat van jou Chopin

hande troos maar droog

nie trane af Jou lyding laat

‘n natkol op die bladmusiek

Eens was jy die kartels

van ‘n lang dag se lafenis

jou tenger lyf die brug na

mooi en nuwe horisonne

maar die traagvat van jou

skurwe hande skend in

hierdie stil uur van ootmoed

pyn en seer verlange

Jou skugter skurwe hande hou

nou my gewete vas, sny deur

dertig jaar se skande en brand

grotesk deur senuwee en siel

7 antwoorde op Gewete

  1. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    ai

  2. louisna het gesê op Mei 28, 2012

    Ai ai, ten spyte van die trol-ratings

  3. endlich het gesê op Mei 29, 2012

    dis goed om ‘n gewete te he, ouboet
    en baie normaal
    maar nie altyd moontlik om met gewete en bekentenis die horlosie terug te draai nie, al is die ootmoed hoe eg.
    die ander een se seer word ook soms selfsulfsig as straf aangebied
    menslik

  4. louisna het gesê op Mei 29, 2012

    Yes.’n groot vvyand wat mens moet beveg

  5. louisna het gesê op Mei 29, 2012

    Net soms raak die gewete bietjie rof.

  6. endlich het gesê op Mei 29, 2012

    gewete kan ‘n anker wees. Een wat jou in veilige hawens hou of een wat verstrengel raak en jou verhoed om te seil.
    trek die anker op en seil ouboet.

  7. louisna het gesê op Mei 29, 2012

    Baie waar.Thanks

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.