Die rooi sticker

Mei 27, 2012 in Sonder kategorie

 

Die hedendaagse lewe is vol

stickers, mooi rooi stickers

 

Laat pa jou leer ou seun

grootte tel nie meer vandag

 

hoogte tel veel minder want

alles is soos van ouds weer plat

 

Maar ou seun, moet tog

nooit vir burokrate lag nie

 

veral nie voor die skare nie

of lag vir dié wat afval nie

 

Die aluminiumleer is lank

rek uit tot tien meter lank

 

Die harde reën gooi gieters

water deur die boonste dak

 

Pa sê no problem waar’s

die bitumen wat lekker plak

 

Die vet oorvrete vark stort

in paaimente na benede

 

Paaiement pyn paaiement

skoenmaker paaiement lees

 

Tien steke later vang sy oog iets

roois op die verwronge raam

 

Volkome veilig vir outjies

tot by tagtig kilogram

14 antwoorde op Die rooi sticker

  1. exionperfexi het gesê op Mei 27, 2012

    duidelike instruksies is vir sommige soms ‘n uitdaging om te kyk hoe ver geluk gestoot kan word ?

  2. Oo gaats.

  3. louisna het gesê op Mei 27, 2012

    Soos in my geval

  4. louisna het gesê op Mei 27, 2012

    Tien steke van minder aangename aard

  5. HeavyHenry het gesê op Mei 27, 2012

    Eina!

  6. louisna het gesê op Mei 27, 2012

    Dit was nogal seer.

  7. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    maar wie is so stupid om lere wat tien meter lank kan uitreik vir onder 80 kg’e te vervaardig. Made in china? Sekerlik dan nie geskik vir die SA mark nie. Verbruikersraad toe met daardie ene.
    maar eina sjoe, jys gelukkig dit was net jou oog

  8. louisna het gesê op Mei 28, 2012

    sORRY, DALK WAS DIT 100KG MAAR EK WAS MEER AS 130 KG OP DAARDIE STADIUM.

  9. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    daar was seker ‘n skone dame op die dak 😉

  10. louisna het gesê op Mei 28, 2012

    Nee, voet het gegly en die leer het ge”snap”

  11. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    ja ja

  12. louisna het gesê op Mei 28, 2012

    MY GROOTSTE VREES DAAI DAG WAS DAT IEMAND VIR MY SOU LAG. EK HET SEKER ‘N HALFMETER DIEP IN ‘N SOPNAT BEDDING GEVAL

  13. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    jou eie “heavy vehicle arrester bed” – goed beplan…hiehie

  14. louisna het gesê op Mei 28, 2012

    Thanks

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.