Arabiermeisie in hysbak

Mei 26, 2012 in Sonder kategorie

 

Verruklike meisie in swart

komplimentloos afgeskei

 

Sy in die hysbak

hy langs ‘n traan

 

Soet woorde vernietig

‘n blomtuin sterf weg

 

Uit dieptes gans verlore

Bly by my Heer

 

Volrond en swart die

bruid het ‘n rugkant

 

Pa en Ma het saans

saam boekegevat

 

Losweg gebaseer op die volgende ware verdigte verhaaltjie:

 

Hel ma, nou die aand het my hart amper stukkend geskeur.  Ek loop uit my flat uit om gou kos te gaan koop.  Net toe ek die deur toemaak toe kom die allermooiste Kwartiermeise in haar swart gewaad uit die flat langs my uitgeloop. Haar subtiele soet scentreuk en allerfraaiste gesig het my amper bewoe en na aan trane gehad. 

 

By die lift het sy weggekyk. Ek het die allergrootste bewondering vir haar pragtige lyf seker ‘n bietjie te kwaai gewys, ek weet nie.  Haar soepel en slanke lyf met die ideale kombinasie van onderste en boonste bates het my dadellik aan Ina van die KJV laat dink.  Sy het mos so ‘n lang skraal lyf gehad met die allervolste mooi volronde boonste kurwes.  Geen niks is met silikon of met die mes gelig nie. 

 

Ek kon dit aan die subtiele skud van haar lyf sien toe sy stap. Hulle gee lokkend mee en met elke grasieuse tree wink sy my die soel aandlug in. Anyway ma, toe die lift kom, en toe maak ek ‘n waarderende grasieuse buiging om die mooi meise eerste te laat inklim.  Sy gaan staan toe in die lift, voor die opening en gee my die idee ek mag nie saam met haar inklim nie. In fact, sy was persistent dat ek nie saam met haar mag inklim nie.

 

Kwartier gee my dus net daar en dan die allerhardste emosioneel skokkende snotklap van my ganse lewe met haar terughoudende gebaar. “You don’t want me to come in?”, vra ek in die soetste stem.  No. Net dit, no.  Niks meer nie.  Die deur gaan toe en die soet scentreuk sterf weg. Die soetste klank van Lapaloma wat oorle pa so mooi op die klavier gespeel het, sterf weg.  Ek hoor hoe sing julle soos van ouds weer Uit dieptes gans verlore, op die ou beryming, saans toe julle in die kamer boeke gevat het.  Ek sien weer vir Ina en haar mooi lyf. 

 

Sy stap weg, soos destyds. Sy laat my in die donkerste oomblik van smart met ‘n gekweste siel. Sy deurboor my soekende siel my met haar ferm gebaar. Ek was  ‘n gebroke man. Hel ma, my hart was stukkend.  Captain moes my die volgende dag emosioneel koudlei.

9 antwoorde op Arabiermeisie in hysbak

  1. louisna het gesê op Mei 26, 2012

    Beslis ja. Daai dag het ek ‘n les geleer.

  2. Unicorn007 het gesê op Mei 26, 2012

    Ouboet jou hormone pla jou. Gaan doen nog n doktorsgraad.

  3. louisna het gesê op Mei 26, 2012

    Pla nie meer so baie nie. Hierdie stuk is baie lank terug geskryf.

  4. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    dis interessant dat jy juis nou die storie blog want ek het ook iets op die hart.
    jy beeld jou “wellus” vir my so mooi uit, amper soos in Hooglied, altyd met bewondering vir die “skoner geslag” nie net blote “jagsgeit” as ek dit nou so mag stel, nie.
    Want sien. jy staan toe terug en laat haar alleen gaan, soos versoek.

  5. louisna het gesê op Mei 28, 2012

    Baie dankie. Dit is nou ‘n sinvolle stukkie kommentaar met begrip sonder enige vennyn.

  6. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    🙂

  7. louisna het gesê op Mei 28, 2012

    Thanks

  8. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    lees gou oor my onlangse ervaring met die toegedraaides waaroor ek toevallig vandag wou blog

  9. louisna het gesê op Mei 28, 2012

    Ek sal dit graag wil lees

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.