Disneyworld

Mei 25, 2012 in Sonder kategorie

 

Hierdie plek is

ver van die huis af

want niemand raas nie

 

Hier’s geen generasiegaping

nie want almal dink

en doen dieselfde

 

Pa se kind is pragtig groot

hy speel en ry so goed

soos Pa en Ma

 

Pa en Ma is vinnig om die draai

soos wie weet wat se kind

net die lyf en gadgets pla

 

Hier is grille, brille én pille met magic gelaai

Hier waar waar grootmense kinders word

en kinders grootmense word

4 antwoorde op Disneyworld

  1. endlich het gesê op Mei 25, 2012

    hulle se dis ongelooflik.
    ek luister maar so en wonder of ek afgunstig moet wees

  2. louisna het gesê op Mei 25, 2012

    Ja, dit is voortreflik

  3. louisna het gesê op Mei 25, 2012

    Treat jouself en gaan

  4. louisna het gesê op Mei 25, 2012

    @MK. Ek was nog nie daar nie, maar ek hoor dit is puik

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.