Die mooi girl langs Loftus
Mei 25, 2012 in Sonder kategorie
Van Bondstraat tot Café 41
Ek sien ‘n brug, ‘n beraad
Vorster se ’75 brugberaad
Ek sien ‘n hek, memory
lane se geroeste hek
Grysdonker die kaats
teen Sterland se ruit
Stadig bring repies lig
soet memories terug
Die mooi girl langs Loftus
bond met ‘n naam en ‘n
nommer. Die Apies se brug
skif stunning memories oop
Aangrypend mooi verskyn ‘n
jong vrou teen ‘n Café se ruit
Verruklik ontwaak uit drie
dekades se winterslaap
endlich het gesê op Mei 28, 2012
ek lees jou nou agteruit, jy en die meisies….ai.
ek kan ‘n man met ‘n paar breinselle weer nie weerstaan nie…en dan moet hy darem nie te onaardig lyk ook nie, maar IK is baie vergewend
louisna het gesê op Mei 28, 2012
Thanks, maar dalk is ek dom.