Ek wonder hoe vorder Piet Byl met die moordsaak

Mei 21, 2012 in Sonder kategorie

 

Dit is nou amper 2 maande sedert Inge Lotz se pa vir Piet Byleveld aangestel het om haar moordenaar te vind. Ek wonder hoe vorder hy? Mens hoor niks. 

Ek sien daar het reeds 2 magisterverhandelings wat deur haar moord geïnspireer is, die lig gesien:

  •  een is in Engels ( creative writing) naamlik Antony Altbeker se boek oor haar:  Fruit of a Poisoned Tree) en

  • een in joernalistiek wat bevind het dat koerante Fred van der Vyver onregverdiglik verkeerd voorgestel het en  sy beeld benadeel het voordat die hof hom onskuldig bevind het.

Was daar al ooit ‘n moord in Suid Afrika wat letterlik die rekordboeke in verskeie areas herskryf het, soos?

  •      Die wreedste moord

  •      Die “passievolste” moord

  •     Swakste speurwerk ooit

  •   Meeste evidence “geplant”

  •       Meeste koerant- en ander nuusberigte
  •   Grootste “geheim”

Ek hoop Byl kry haar moordenaar gou en die reg loop sy pad.

18 antwoorde op Ek wonder hoe vorder Piet Byl met die moordsaak

  1. Ek hoop ook Piet Byl vang die skuldige(s) maar ek hou lankal nie meer my asem op nie. Dieselfde geld vir daardie moord in Griekwastad….

  2. lora2me het gesê op Mei 21, 2012

    Ek hoop dat geregtigheid sal seëvier en, soos Thomas sê, ook in die geval van die Griekwastadgesin. Ek dink die Leigh Matthews-moord was net so ‘n deurmekaarspul. (Sal ons sommer aan die destydse politiese Robert Smit-moord ook dink – dit was vir my altyd ‘n geheimsinnige storie.)

  3. louisna het gesê op Mei 21, 2012

    Ek dink wat die Lotz moord buitengewoon moeilik maak, is die feit dat al belangrike leads na 7 jaar reeds vervaag het/uitgevee is.

  4. louisna het gesê op Mei 21, 2012

    As daar iemand is wat die waarheid kan blootlê is die Piet Byl. Ek hoop ook die skuldiges word gopu vasgetrap

  5. exionperfexi het gesê op Mei 21, 2012

    Jack the Ripper revisited …

  6. louisna het gesê op Mei 21, 2012

    Yes, amper so iets. As Byl hierdie moord ook oplos gaan sy statuur internasionaal verder styg.

  7. loudavisi het gesê op Mei 21, 2012

    Ek WIL/MOET weet wat op Griekwastad gebeur het!

    Dis darem ‘n duistere storie daai.

    Ja, as Piet dit nie kan doen nie, wie kan?

  8. Ek is een van die mense wat hierdie saak se oplossing baie graag sal wil sien

  9. bloukaap het gesê op Mei 22, 2012

    daar is ‘n byl in die hooimied

  10. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Lyk so ja

  11. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Ek ook. Ek hou die saak al 7 jaar dop

  12. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Niemand anders as Byl kan nie.

  13. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Ja Nina, dit sal aaklig wees, maar wat ook al die waarheid, dit moet uit.

  14. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Ek stem saam.

  15. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Word hulle seun verdink? Ek het net gelees van ‘n tienerseun wat verdink word.

  16. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Dankie vir die inligting. Ja,dit klink nie lekker nie

  17. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Ek het Rapport elektronies gaan lees. Die kommentare deur die lesers laat mens skrik.

  18. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Mense gee nie om wat hulle kwytraak nie. Destyf op die Lotz moordblog was dit ook baie erg.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.