Hierdie poginkies is al alleen geplak, maar saam vorm hulle ‘n ensemble van die eerste lewe.
1 Ouderdom (Baie oud)
Die peerboom sal nie
weer wit blom nie
Die gety suig te sterk
vir sagte woorde
Briektraag
stomp en harde woorde
plavei hulself
en rig die stroom vanself
soos wat die gety vanself
muteer
Met oudword gebeur alles
sommer vanself
pretensieloos
rigtingvas
en tranerig………
soos die knop in die keel
2 Alzheimer (oud sonder lewenskwaliteit)
Môre is ‘n mooi dag
Ongelukkig is dit gou oor
Hierdie vae gevoel van fokol
weet en heelwat meer sê
is meer as ‘n illusie
wat onwetend
insluimer as die drif dun raak
en siestogs oor die kens rand kots
Bliksim Ouboet
die oes is skraal
die tref genadeloos
in die one-way skemer wat
onaangekondig
onwetend
oor ons vaardig raak
Môre was ‘n kak dag
Ongelukkig gebeur dit weer
3 Vyftig (Relatief jonk)
Die mosaïek van saamwees
simfonie ‘n bruidskleed
net vir jou
Die stories op my hande
stol in vyftig soene:
een vir elk van jou seisoene
Memory lane
se hek het wit omboorsels,
veel witter as die peerboomblom
Die wysies van ons jeug
is Vlaamse kant
Hul repies skik en
jaag nog vyftig soene
voor die one-way skemer
oor ons vaardig raak
4 Klief (… baie jonk)
‘n Gestolde vlug en ‘n wens
is soms, vir ‘n klieflike oomblik,
skrikwekkend eenders
Jy trek jou aan met al my strewes
ligbloubloes met sagte repies wit
vir vlugte saam Onthou dat eerste
klief soms vreemd en skugter is
Vir my voorjaardrome deurvatdiepblou
rokkies met jou malssag half skugter agter
skanse van virlaterbêre toegesluit Tog
sien ek die najaar in jou diepbruin oë
Die strewe om jou waardig bo te kry
het jy geruisloos-plooiloos aan my streel
vermoed Nou speel jy hard to get met
polonek, bodyshirt en skurwe jeans
Jou mooi motifies gaan nog opstyg
voor my oë Ek wonder wie, ek of jy,
die boonste groot knoop motiefloos
sonder wantroumosies los gaan kry
Later as ons by die twee aftrek presstuds
kom bliksem Ounooi dan dink ons in gelid
en vat vreemde hoogtes soos die kuiken
wat val met sy ma wat hom vinnig vang
Onlangse kommentare