Jy blaai in die argief vir 2012 Maart.

Inge Lotz

Maart 18, 2012 in Sonder kategorie

Ek sien Inge Lotz, die Matiestudent wat in 2005 wreedaardig vermoor is, se pa bied nou ‘n beloning aan om die moordenaar op te spoor.

Rapport skryf: Presies sewe jaar ná die moord op die Matie-student Inge Lotz het haar pa Vrydag ’n beloning van R1 miljoen uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van haar moordenaar sal lei.

Ek het destyds hierdie stukkie op die moordblog geskryf:

Gebed om die waarheid

Inge Lotz se moord het
soos ’n druppel kwik wat val,
ons met duisend stukkies nagelaat

Elkeen is ’n repie siel wat spoorsny
en op al die plekke waar sy
eenmaal was vertoef

So soek ons Heer
die waarheid en genade
hier, waar U winde oor
’n duister landskap waai
en stukkies van die
groter legkaart op
’n hoop vergader

Sy speel nou
in God se simfonie
en kyk vergewend af

Ek dink haar ouers sal nooit closure kan kry voor die moordenaar opgespoor is nie.

Mooi dag verder.

Skreeusnaakse onenigheid oor ons naweekplekkie se naam

Maart 17, 2012 in Sonder kategorie

In 1993 koop ouboet ‘n naweekplekkie om oor naweke die wrang nasmaak en steurende invloede van die kwaadaardige korporatiewe burokrasie te ontglip.

 

Dit is ‘n pragtige plekkie met ‘n koppie en baie bosveldbome.  Een van die eerste besluite wat ons moes neem was om vir die plekkie ‘n naam te gee. Ek het die ou windpomp vervang met ‘n dompelpomp en die goot  fin wat die wiel volgens die wind reguleer gehou om die naam op te verf en teen die hek te op te sit. Die plekkie se naam het later mooi op die stertfin op die hek gepryk.

 

Naamgee was nie sonder onenighed tussen my en beter helfte nie. Sy het ‘n boomnaam voorgestel. My voorstel was dat die naam die plek moes beskryf. Twee uitstaande aspekte van die plekkie was die mooi koppie, en die ryk voëllewe op die koppie. Ek stel toe voor ons kombineer hierdie uitstaande attribute en noem die plekkie Voëlkop.

 

Na ‘n enorme vuil kyk en ’n uiters beperkte ommehaal van woorde stem ek toe in dat ons die plekkie Lekkerbreek noem. Naas enorme swerms mooi voëls was daar ook ‘n paar lekkerbreekbome op die koppie.  In elk geval ons het vir 5-6 jaar lekker weggebreek op Lekkerbreek.

 

Lekker naweek. Ek wou gou ‘n lam gaan koop en toe is ek 43ste in die ry want die  R 49.99 special het baie aftrek gekry. Nou kan ek ons bestelling  eers teen 11 uur gaan haal.

 

Stoepgroete,

 

ouboet

Elke teleurstelling kan ‘n geleentheid word

Maart 16, 2012 in Sonder kategorie

Ek het al oor my bonsai  geblog: ‘n Chinese maple wat reeds 32 jaar in opleiding is. Hy was die enigste oorlewende van meer as 20 nadat ‘n grensmuur 16 jaar gelede tydens ‘n wolkbreulk ge”snap” het en die hele stand met bonsais moertoe geval het.  



 

Kersfeesoggend word ek wakker en sien die Bonsai is dood. Al die blare was verdor en uitgedroog.  Bad news dink ek, maar vroulief sê: nee bly hom water geen en kyk of hy nie weer uitloop nie. So gemaak, en siedaar na minder as 3 maande.  Nuwe sprietsels loop uit. Jammer, hierdie is die ou foto. Ek sal die foto wys sodra die spriete takke word.

 

Kersfees het hy so gelyk:


 

Die grootste deel van die boompie is dood en die takke is reeds uitgedroog.  Maar die droë takke skep ‘n unieke geleentheid vir ‘n nuwe bonsaistyl: Creating deadwood en skep so die indruk dat vuur of weerlig die boom beskadig het. Ek sien ‘n meesterstuk in wording.

 

Elke teleurstelling kan inderdaad ‘n nuwe geleentheid word.

 

My volgende pos is ‘n lagwekkende ware verhaaltjie.

 

Mooi dag verder.

 

Stoepgroete,


ouboet

Ousus se sestigste. Ouboet aan die woord voor die skare

Maart 16, 2012 in Sonder kategorie

My kop het begin draal op soek na wat ek op suster se sestigste verjaarsdag moet sê. My bron se beginpunt is uiteraard die familiekroniek, want ek het baie oor ousus en ons jeugjare geskryf.

 

Ek en ousus op pa se skoot. Ek weet sy gaan ‘n sakdoek gryp as ek hierdie foto op die skerm gooi.

 

 

Sekere fyner en meer subtiele nuanses van die boekmaak en enkele donker kolle in die Naudé-verhaal sal net my suster volledig begryp, na waarde skat én waardeer. Besoeke aan sekere lede van die familie waar vark en skaap saam in een pot gekook is, voorstoepe wat met met karseats versier is en ander helder momente in die ontplooiing van die skadukant van ‘n andersins kleurryke verhaal is enkele voorbeelde van die gestolde verlede wat soms dieper begrip en soms onbevooroordeelde verootmoediging nodig het.

Die familie én vriendekring verteenwoordig alle strata van ‘n normale heteroseksuele, begerende en aan-die-natuur-uitgelewerde bevolking.  Ek roep  huweliksonthale met hoola-hoops in die wit rok om die bruid se vol lyf te kamofleer en warm cream soda in plastiekglase met drywende muggies daarin waarmee die heildronk op die bruidspaar ingestel is, as enkle voorbeelde van ‘n geleefde werklikheid in die herinnering. Deur hieroor te swyg sal die verlede ‘n oneer aandoen.

Aan die anderkant sal uitvoerige detail hieroor nie veel nuwe waarde tot die verhaal toevoeg nie.

Sy en pa was baie naby aanmekaar en sy ontydige dood was vir haar ‘n besonderse teleurstelling. Snaaks genoeg, ‘n paar weke of dalk selfs dae voor sy dood het sy my kom sien en gesê sy is bekommerd hy gaan nie meer lank leef nie. Die oggend van sy afsterwe, seker so teen tweeuur, het sy huilend aan my woonstel se deur kom klop en my die treurige nuus meegedeel. Suster Petra sien die dood. Ek onthou nog dat sy my oupa Van den Heever, ma se boers Jan, Piet en Andries, oom Kleinboet en ander gestorwenes se dood voor die tyd gesien het.

Sy toon soms die diepste begrip. Tydens ‘n naweekpas het ek haar hondjie doodgery, so ‘n peteuterde klein bruinerige Foksterrier wat nog nie behoorlik op sy naam gereageer het nie. Ofskoon sy baie gehuil het, het sy my nooit daarvoor verwyt nie.

Met haar swaarverdiende geld het sy eenkeer vir my die pragtigste verjaarsdaggeskenk gekoop, ‘n mooi bruin boks met eksotiese bottels Old Spice Burley cologne en after shave. Ek het dit net vir spesiale geleenthede gebruik en dit het jare gehou. Ofskoon dit jarelank nie meer gemaak word nie, sal Old Spice Burley se kenmerkende aangename reuk my altyd aan my suster herinner. 

 

Haar dogter (M in verpleegkunde) het gevra ek moet asb iets sê oor haar oupa Koos (haar ma se held), wat sy nooit geken het nie.

 

Sal oom ook een van ouma se gedigte voorlees asb? Die een oor oupa.  Ek reageer toe: Onthou, ouma het veel mooier gedigte as daai enetjie geskryf, maar ek maak soos wat jy versoek.

 

Die liefde

Watter groter vreugde

kan ooit jou hart so roer

‘n Roosknop op jou kussing

Jou beminde

wat so sy groete stuur


Kan iemand my asb raadgee oor foto-tegnologie.

Maart 16, 2012 in Sonder kategorie

 

Ek het ‘n baie ou fototjie van my grootoupagrootjie en sy eerste vrou wat oor jare baie verdof het sodat mens amper niks meer kan sien nie.

 

Kan so ‘n foto geressurect word sonder om detail te raai of te lieg? Is daar iets soos ‘n X-ray wat die ware toedrag van sake kan blootlê? Ek dink standaardprogramme soos photoshop is nie geskik nie, maar ek  is onkundig.

 

Ek het destyds ‘n sogenaamde kenner geraadpleeg en goed betaal, maar goed is geraai wat nooit bestaan het nie.

Ek het ongelukkig nie ‘n elektroniese kopie nie, maar hy is selfs dowwer as hierdie een waaroor ek al geblog het


Hartlike dank en groete

ouboet

Met die helm gebore

Maart 15, 2012 in Sonder kategorie

Verskeie bloggers (MaanKind, Modderkoekie en andere) het al die begrip heldersiendheid gaangeraak.  Ek het van my suster vertel wat dinge in die toekoms kan sien.

 

“Met die helm gebore te word gebeur soms, nie dikwels nie. Dit is wanneer die binnevrugvlies of amnion om die baba se kop bly wanneer hy of sy uit die uterus (baarmoeder) kom. Daaruit het die bygeloof ontstaan dat dit ’n teken is dat so ’n kind later dinge kan sien wat ander mense nie sien nie. Daar is geen werklike verbintenis tussen hierdie twee dinge nie, so dit bly dus ’n bygeloof. 


Wat wel gebeur is dat enkele mense gebore word met “heldersiendheid” dit wil sê die vermoê om soms dinge te sien wat nie op die oppervlakte sigbaar is nie. Hulle sal soms iemand se werklike motiewe kan sien of dinge wat die persoon in sy lewe wegsteek sodat mense nie daarvan weet nie. Hierdie is ’n natuurlike vermoë, en dis nie noodwendig iets slegs nie, maar die persoon sal uiters versigtig moet wees hoe hy of sy dit gebruik.”

Bron: http://www.christians.co.za/help/bybelvraebus/guidancemessage.asp?entry=3030&ref=3018

 

Ek voer die woord op my ousus se sestigste verjaarsdag op 30 Maart.  Ek wou ook iets sê oor haar heldersiendheid, maar ek het toe daarteen besluit. Netnou skrik die mense as sy sonder ‘n telefoonoproep of vooraf kennisgewing by hulle opdaag. Dalk dink hulle sy kom groet.

 

Ek sal maar praat oor haar deugde en ons grootwordae op die plot. Aan die voet van my nederige en gerespekteerde vader (ousus se grootste held) het ek die grootste deugde van die lewe leer ken, sonder die weelde van baie aardse besittings. Aan die hand van my moeder het ek die deugde van dissipline en spaarsamigheid geleer. My suster het my sagtheid en begrip vir hartseer en menslike emosie geleer.

 


Nog bietjie Koos

Maart 15, 2012 in Sonder kategorie

Koos was nog nie 40 nie toe hy ons verlaat het. Hy sou nou amper ‘n jong 67 gewees het

From Wikipedia, the free encyclopedia

Jacobus (Koos) Johannes du Plessis (May 10, 1945 – January 15, 1984) was a prominent South African singer-songwriter and poet, colloquially known as Koos Doep. Although he received critical acclaim for much of his work, he became best known for the runaway success of a rendition of his song Kinders van die Wind (Children of the Wind) by Laurika Rauch.[1]

Hoeveel ander sangers/liedjieskrywers staan ook as digters bekend? Nie veel nie, veral nie van Koos se statuur nie.

 

Die beste in Afrikaans?

Maart 14, 2012 in Sonder kategorie

Het Suid-Afrika ‘n groter skeppende liriekskrywer en sanger opgelewer as Koos du Plessis?

Hy het Groot Verseblik gehaal en sy songs spreek luidkeels tot mens.

Wat dink julle?

 

Poësieles vir die oorgeslaandes

Maart 14, 2012 in Sonder kategorie

Soms kry ek mense wat nie van beter weet nie intens jammer. Daarom gee ek my bydrae tot die opvoeding van oorgeslaandes met gratis lesse. Hier is ‘n paar versies. As julle hulle begryp, is julle gereed vir die vogende les.

Lesson one: Shithouse poetry

“Some poets are poor,
some poets are rich;
but the shithouse poet
is the son of a bitch”

If you want to shit at ease,
put your elbows on your knees
First a grunt and then a squeeze,
and out it comes like rotten cheese

If you want to pull your wire in this noble hall
Use the paper and not the wall
and if the paper can’t be found
rub your cock then on the ground

In case of fire
Pull your wire
Skiet ‘nskoot
en die vuur is dood

Wie is hierdie oorgeslaande? Foeitog

Maart 14, 2012 in Sonder kategorie

‘n Oorgeslaande blogger met die naam froufrou het die volgende 2 stortings op die stoep gepleeg:

Herre, jy is dom. JY IS ONGEFOKKENLOOFLIK DOOOOOOOOOOOOOOOOM.

Toe ek op Ultramel se mooi pos reageer: mooi een, toe word die volgende opgekots:

Nice. Julle 2 verstaan mekaar. Jou seun moet met iemand soos ultra mel trou. Dan kan sy poes grappies by die braai vertel en jy kan opgewerk raak oor die dirty talk en haar op die skouer klop en “mooi een” se terwyl jy vaderlik oor haar hol vryf. Ek gaan nou kots en aan jou dink.

 

Al wat mens kan sê is foeitog. Nietemin, selfs oorgeslaandes mag dalk aanklank by die poësie vind.

Onderdorp

Wikkie wikkel
met sy
horrelpinkie los
kors op kors op kors

Met korse hard en sag
skakerings
groengeel grys en bruin
rol hy lekker balletjies
mooi peashooter balletjies
elke snotkors word ‘n balletjie

Wikkie sak en
vryf sy balle
vat aan mammie
eet en groet die manne
met dieselle
ongewaste hanne


Koppiekrap

 Ousus hou van gadgets

staan vroeg op en gee

haar pappegaatjie kos

 

Ousus het ‘n Magliteflits met baie

gadgets wortels en komkommers

alles net vir Koppiekrap

 

Slapenstyd skandeer haar laseroë

die onderkatelsone en dan gee sy

liefderyk haar pappegaaitjies kos

Geniet julle dag