SKOPPENSBOER

Maart 27, 2012 in Sonder kategorie

I

‘n Druppel gal is in die soetste wyn;

‘n traan is op elk’ vrolik’ snaar,

in elke lag ‘n sug van pyn,

in elke roos ‘n dowwe blaar.

Die een wat deur die nag

ons pret beloer

en laaste lag,

is Skoppensboer.

II

Gewis en seker is die woord:

die skatte wat ons opvergaar,

ondanks die sterkste slot en koord

word net vir mot en roes bewaar.

Net pagters ons

van stof en dons

om oor te voer

aan Skoppensboer.

III

Die heerlikheid van vlees en bloed;

die hare wat die sonlig vang

en weergee in ‘n goue gloed;

die dagbreek op elk’ sagte wang

en oë vol van sterreprag

is weerloos teen sy groter mag.

Alreeds begint die rimpel sny;

oor alles hou die wurm wag

en stof en as is al wat bly:

Want swart en droef,

die hoogste troef

oor ál wat roer,

is Skoppensboer.

IV   L’ENVOI

Gewis is alles net ‘n grap!

Ons speel in die komedie mee

geblinddoek met ‘n lanferlap

wat selfs die son ‘n skadu gee.

Wat treur ons tog?

Viool en fluit maak nog geluid,

en lank die nag wat voorlê nog.

Al kan ons nooit volmaaktheid raak,

nog blink die oog en gloei die huid

wat heel die winter blomtyd maak.

Dus onverlee

lag ons maar mee

met elke toer

van Skoppensboer!

(Eugene Marais)

27 antwoorde op SKOPPENSBOER

  1. Madmoon2 het gesê op Maart 27, 2012

    Pateties dat jy altyd ander mene se woorde uit jou mond moet laat kom.

    Jy is nie die moeite werd om hom eers aan te haal nie en wie dink jy nou gaan jy impress?

  2. louisna het gesê op Maart 27, 2012

    Thanks Anha. Ek is bevrees jy’s reg. Oorgeslaandes se lus gaan nog baie lank op die stoep drup.

  3. Unicorn007 het gesê op Maart 27, 2012

    Is Skoppensboer n metafoor vir rondnaaier?

  4. HeavyHenry het gesê op Maart 27, 2012

    Groot gees daai.

  5. postatdo het gesê op Maart 27, 2012

    Wouldn’t that be “Skoppenshoer”?

  6. Sy blog is ‘n studie in “The perpretrator as victim. Hy is van nou af Humbert.

  7. Unicorn007 het gesê op Maart 27, 2012

    @ Post: WHAHAHAHA…respect!

  8. louisna het gesê op Maart 27, 2012

    Yes

  9. postatdo het gesê op Maart 27, 2012

    No! Now I need to go and google “Humbert”!

  10. louisna het gesê op Maart 27, 2012

    Darwinia & kie, ek verwag nie volwasse kinders het eers Wielie Walie of Siembamba se betekenis onder die knie nie, wat nog van Skoppensboer s’n.

  11. louisna het gesê op Maart 27, 2012

    Thx Anha.

  12. Madmoon2 het gesê op Maart 27, 2012

    @Post you should get some medal here this is so funny and spot on!

  13. Ja sies Darwinia. Hoe durf jy wyer lees as die Groot Verseboek. Dis so pragtig hoe trots Ouboet is op sy Std.8 kennis van skoppensboer en die verwysing na Humbert heeltemal mis.

  14. Unicorn007 het gesê op Maart 27, 2012

    @ Johan: Dink jy dis n geval van wie laaste lag lag laaste?

  15. postatdo het gesê op Maart 27, 2012

    @ Johan: So many Humbert’s on Google, so few Humbert & Lolita’s…

    I had actually forgotten about the book, I read it years ago.

  16. postatdo het gesê op Maart 27, 2012

    No Darwinia, I don’t get your “Wie laaste lag lag laaste” remark, do I need to google it?

  17. Remember how old Humbert would excuse all his actions and blame his victim.

  18. Unicorn007 het gesê op Maart 27, 2012

    @Post: one of the funnier moments in Pieter Dirk Uys’s Die Van Aardes van Grootoor. The Van Aardes would have felt right at home here.

  19. postatdo het gesê op Maart 27, 2012

    @ Johan: To tell you the truth, I think I was 16, the book was banned, and I only read the sex scenes. If I remember correctly. Obviously I will need to read it again.

  20. postatdo het gesê op Maart 27, 2012

    Thanks Darwinia, I will see if I can get my hands on it.

  21. louisna het gesê op Maart 27, 2012

    Baie dankie vir daai een.

  22. Vra bietjie vir Ouboet hoe dit gaan met sy regsaksie teen my Anha. Jy tree dan nou as sy advokaat op.

  23. Madmoon2 het gesê op Maart 27, 2012

    Ja en waar het ek dit nou onlangs weer geien? Op die verhoog van Litnet / hyg hyg.

  24. Unicorn007 het gesê op Maart 27, 2012

    @ kamma: Is dit ook gecopy en paste of is dit oorspronklik?

  25. louisna het gesê op Maart 27, 2012

    Yes. Thanks

  26. Unicorn007 het gesê op Maart 27, 2012

    Sjoe Ouboet, om te dink een copy en paste job bring vir jou soveel bladlese en kommentaar. Is jy al n blog wat gons?

  27. vhjtdfgew het gesê op Maart 28, 2012

    n2012 comes, in order to thank everyone, characteristic, novel style, varieties, low price and good quality, and the low sale price. Thank everyone

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    $33 True Religion jeans, Ed Hardy jeans,LV,Coogi jeans,Affliction jeans

    $30 Air Jordan shoes,Shox shoes,Gucci,LV shoes

    50%Discount winter fashion :Sandle,t-shirt,caps,jerseys,handbag and brand watches!!!

    $15 Ed Hardy ,LV ,Gucci Bikini

    $15 Polo, Ed Hardy, Gucci, LV, Lacoste T-shirts

    $25 Coach,Gucci,LV,Prada,Juicy,Chanel handbag,

    $10 Gucci,Ed Hardy sunglasses

    $9 New Era caps.

    give you the unexpected harvest

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.