Watter gedigte is die veiligste om altyd in Groot verseboek te bly?

Maart 22, 2012 in Sonder kategorie

Groot Verseboek is ‘n barometer van goeie Afrikaanse gedigte, alhoewel Groot Verseblik (die nuutste weergawe) sommige verassings bevat. Nietemin, ek dink die volgende gedigte behoort altyd in te bly. Ek kan my nie die mooiste taal in die wêreld voorstel sonder hierdie meesterstukke nie:

Gebed om die Gebeente van DJ Opperman. Jammer hy is bietjie lank om volledig in te sit. Dus net die slotstrofe:

“- dat ons as een groot nasie in die gramadoelas
met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel,
en wit en bruin en swart foelie agter skoon glas
ewig U sonlig vang en na mekaar toe spieël.”

Sproeireën (DJ Opperman)

My nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand …. iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!

As ek ’n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dat ’n vrou kan troos.

My nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand …… iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!

Ma (Antjie Krog)

Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig
sonder fensie leestekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
‘n kaalvoet gedig-

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde

jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste Bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie

Winternag (Eugene Marais)

O koud is die windjie en skraal.
En blink in die dof-lig en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.

En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.
O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleik dit
tot ryp in die kou!

 

Wys My Die Plek (C Louis Leipoldt)

Wys my die plek waar ons saam gestaan het,
Eens, toe jy myne was –
Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die silwer see        
Blink in die sonskyn, soos lang verlee
Dit eenmaal geblink het, ‘n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,
Eens, toe jy myne was –
Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,
Lag soos voorheen op my en op jou;
Dit skitter nog altyd ‘n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was –
Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra?
Jy wat vergeet het – of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif (Breyten Breytenbach)
 

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif
want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so bruin op jou vel

Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos ‘n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos ‘n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van die vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie

Mooi aand vir julle

30 antwoorde op Watter gedigte is die veiligste om altyd in Groot verseboek te bly?

  1. Myrataal het gesê op Maart 22, 2012

    Ouboet, sal dit nie wonderlik wees om die gedigte te kon lees wat in die Taallose Boek geskryf is nie? Die van Ewigheidswaarde?

  2. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Yes. Welkom Myra. Ek het jou lanklaas gesien.

  3. TheGiz het gesê op Maart 22, 2012

    Ouboet, ek stem saam. Al die gedigte wat hier genoem is kan maar bly!

  4. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Baie dankie

  5. lora2me het gesê op Maart 22, 2012

    Ek wens daar kon ‘n Versekas uitkom wat sommer alles wat al ooit treffend in Afrikaans geskryf is, kon saambind, in baie volumes. Daar is natuurlik minder vreeslike sg. “diep” meesterstukke soos Opperman se “…met apologie”, wat my altyd laat lag, want hy het almal se digterstyle so skerp neergepen.

  6. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Goeie idee. Opperman is vir my die beste digter in Afrikaans. Komas uit ‘n bamboesstok is die mees bekroonde digbundel in Afrikaans.

  7. Myrataal het gesê op Maart 22, 2012

    Ek is so elders, dat ek nie meer weet waar hier is nie~!

  8. Myrataal het gesê op Maart 22, 2012

    Dankie, Ouboet … Ek siet jy het weer die mense die harnas ingejaag. Ek glo g’n woord van wat hulle van jou seg nie. Skinnertonge is vir my ewe skandalig.

  9. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Sterkte met jou omswerwinge

  10. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Ag hy is totaal belaglik en oorgeslaan.

  11. lora2me het gesê op Maart 22, 2012

    Ek het destyds, as student “Komas…” begeer en dit toe by ‘n kamermaat as geskenk gekry. Ons het by hom klas gehad … na sy eie “koma” … en hy was regtig so skerp met woorde, geklee in sy swart pakkie klere… Ek wens vandag ek was destyds ‘n flukser student, want dan kon ek dalk ‘n witbroodjie van die wonderlike man geword het. (Ek sou wat wou gee om in sy studeerkamer teen ‘n muur weg te kruip – die Marco Polo wat na sy lang “reis” teruggekom het.)

  12. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Mooi. Jy het seker seun se gedig gelees?

    DJ Opperman (1914-1985):
    ’n Huldigingsgebed

    Heer, waar U genade woorde oor my vaardig
    maak in hierdie stil uur voor U helder aangesig;
    gee my woorde om na sy kwarteeu van rus in U
    woning wat soms so winkend wag, grootmeester
    Opperman net vlugtig raak te vat in strofes lig;
    hom te bedank vir beelde in gelid wat daagliks
    tot my spreek in fyn stellasies nootvas vers.

    Gee Heer, dat ons die reis van drie beeste tot die
    bamboesstok sal meemaak; gee dat ons gedagtes
    fyn sal skik in hiergeleefde komas sonder pyn;
    dat sy wingerdstok van eenvoud-aardse woorde nog
    steeds bly wink en soos die roosmaryn, maar sonder
    beendre, ook ‘n eie skepping hier aan my sal bring.

    Gee Heer, dat ons die laaste van drie dode vry kan
    spring voordat U genadelig vir oulaas hier op moeder
    aarde op ons skyn. Gee dat alle beeste na hul Marco
    Polo-reis helaas sal uitspan en in U fontein gaan drink.

  13. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Johan, ek het jou foto, adres, telefoonnommer ens. Sterkte

  14. Wow ek hoop nie dis dieselfde inligting wat Bileam gedink het hy het nie, want dit was erg verouderd.

    Wil jy die regte inligting hê?

  15. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Wag rustig vir my volgende stap. Jy mag dit dalk net ingeressant vind

  16. postatdo het gesê op Maart 22, 2012

    Dear Myra,

    It is not what other people are saying about him.

    It is the confession he posted about his affair with his secretary on his own blog.

    Maybe you should check your facts before you say anything, because, believe me, he is not going to correct you.

    Kind regards,

    Post

  17. Ag Ouboet ons beide weet daar gaan geen volgende stap wees nie. Maar ek sal definitief more ‘n aftelling begin.

  18. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Geniet jou nagrus

  19. Ha ha ha ha. Jy dink regtig ek is bang.

  20. Majora het gesê op Maart 22, 2012

    Almal het dit elke keer wat jy dit opgesit het gelees. Al 30 keer.

  21. Majora het gesê op Maart 22, 2012

    Myra is a selective reader. Pity that she didn’t see that the origin of the skinnerstories came from her sleazeball, lying, middle-aged perve of a friend himself. On the other hand, maybe she saw his affair post, but she pretends that it never existed. Just like he does.

  22. Majora het gesê op Maart 22, 2012

    Ouboet, wat presies bedoel jy met “hy is totaal belaglik”? Belaglik soos in die man versprei leuns oor jou en dis verregaande wat hy insinueer?

    Het jy of het jy nie ‘n blog inskrywing opgesit waarin jy vertel hoe jy jou vrou verneuk het nie?

  23. jeanihess het gesê op Maart 22, 2012

    Ja wel, daar is nog so ‘n paar, minder romanties, maar pure geskiedenis!

    en Slaap
    en Die Pyngedagte
    en nog ‘n paar ander…

  24. juhyguyg het gesê op Maart 23, 2012

    n2012 comes, in order to thank everyone, characteristic, novel style, varieties, low price and good quality, and the low sale price. Thank everyone

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    $33 True Religion jeans, Ed Hardy jeans,LV,Coogi jeans,Affliction jeans

    $30 Air Jordan shoes,Shox shoes,Gucci,LV shoes

    50%Discount winter fashion :Sandle,t-shirt,caps,jerseys,handbag and brand watches!!!

    $15 Ed Hardy ,LV ,Gucci Bikini

    $15 Polo, Ed Hardy, Gucci, LV, Lacoste T-shirts

    $25 Coach,Gucci,LV,Prada,Juicy,Chanel handbag,

    $10 Gucci,Ed Hardy sunglasses

    $9 New Era caps.

    give you the unexpected harvest

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

  25. louisna het gesê op Maart 23, 2012

    Ja, hulle is ook mooi

  26. louisna het gesê op Maart 23, 2012

    Net 30?

  27. Eugene Marais se Dans van die Reen …. eers oor die bergtop loer sy skelm …. sy sprei die vaal karos met altwee arms uit …die asem van die wind raak weg … O, die dans van ons Suster!
    Ai, dis mooi!

  28. louisna het gesê op Maart 23, 2012

    Baie pragtig ja.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.