Tandarts

Maart 22, 2012 in Sonder kategorie

Baccalaureus, honores, magister,

doktor, professor. Vyf jaar verder is

hul skielik dokter, en dus tegnies

nog so half en half heel onder

 

Tog, elke bekoopmaak herinner,

adverteer en herbevestig status:

dokter, dié allersoetste (simpel)

woordjie uit ‘n vol bek tande

 

Dokter, jy skep afstand van die

peupel, want jy noem almal

bloot mevroue en menere,

selfs doktore en professore

 

Geagte dokter…dalk tegnikus?

hou jou nederig by jou lees:

jou jobkaart, want jy kan nie

titels véél hoër as jou eie lees

 

Jou statusstempel wil-wil swig….

hy’s net-net tussen jou witjas,

boor en tang, en o ja, jou enkel

Baccalaureus-graadjie ingewig

30 antwoorde op Tandarts

  1. Ek hoop die dokter kan darem Baccalaureus spel anders as ‘n rondnaaier soos jy.

  2. Lyk my jy is die hel in vir iemand!

  3. Totaal ongevraagde,kinderagtige,buite-verband,stooopid aanmerking!

  4. Hoe is dit buite verband as hy aangaan oor hoe sleg die tandarts gekwalifiseer is, maar nie eers die graad se naam kan reg spel nie?

  5. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Net waarneming

  6. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Baie dankie

  7. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Ek sal lig trap as ek jy is, want jy maak jou aan crimen injuria skuldig.

  8. Jou vieslike aantyging,maak dit buite verband

  9. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Perdebytjie, baie dankie vir jou ondersteuning

  10. Madmoon2 het gesê op Maart 22, 2012

    Hoe het jy jou skuldig gemaak aan crimen injuria a la Ouboet?

  11. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    MM, Jy moet lees, as jy kan. Johan het na my verwys as ‘n rondnaaier op ‘n openbare forum. Toevallig weet ek baie van die gemene reg af.

  12. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Thanks Biscuits.

  13. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Baie dankie. Ek glo nie hy besef hoe ‘n enorme gek hy van homself maak nie.

  14. Wat het die gemene reg daarmee te doen? WIl jy my adres hê vir die dagvaardiging?

  15. Ouboet het die spelling reggemaak, hy is ongelukkig ‘n oneerlike rondnaaier wat nie besef het ek het hom sien kom en screenshots gevat nie.

  16. O ja Ouboet jy het ook nie ‘n idee wat Crimen Injuria is nie. Ou rondnaaier.

  17. Biscuits daar is vir jou en Ouboet ‘n liefdesbriefie op my blog.

  18. Perdebytjie dis nie ‘n bewering nie dis die waarheid.

  19. Al is dit die waarheid,is dit steeds niemand se besigheid nie en is dit totaal liefdeloos om so ‘n aanmerking op ‘n openbare forum te maak!

  20. Unicorn007 het gesê op Maart 22, 2012

    Ouboet het dan self op hierdie einste openbare forum geblog oor sy buite egtelike verhouding?

  21. Presies Darwinia. As daar nou al ooit ‘n absolute verdediging was teen laster is dit dat jy op ‘n openbare forum erken het die bewerings is die waarheid.

    Maar pasop. Ouboet weet baie van die gemene reg. Hy en Blikskottel moet ‘n regsfirma oopmaak – Oningelig, Arrogant en Seuns.

  22. Dis waar ja,maar iewers moet mens ‘n streep trek oor so ‘n lelike woord,waar dit eintlik niks te doen gehad het met wat die man geblog het nie.Johan was skoon uit die koers uit.

  23. Unicorn007 het gesê op Maart 22, 2012

    Sou rondfokker n beter woord gewees het?

  24. Dis nog erger.Ek se mos dit het NIKS te doen gehad met wat die man geblog het nie!Lees weer Johan se kommentaar.Dit was ‘n nare steek(tong innie kies)wat niks te doen gehad het met die onderwerp nie en net sy eie hatigheid bevredig het.

  25. Maar hy het rondgenaai en daaroor kom spog hier

  26. Unicorn007 het gesê op Maart 22, 2012

    Haha…nare steek. Punte vir jou.

  27. Majora het gesê op Maart 22, 2012

    Biscuits? Waar op deeske aarde kom jou spel-geniality vandaan? Profesor kan met een of twee ‘fs’ gespel word?

  28. Majora het gesê op Maart 22, 2012

    Grappie van die dag se wenner is: ek dink nie dis regtig nodig om iemand ‘n rond-dinges te noem nie.

  29. palamino het gesê op Maart 23, 2012

    Ja nee kyk, ek is ook maar skrikkerig vir die tandarts, maar hierdie tipe van afspelery teenoor myself, sodat ek myself op die skouer kan klop en seg: “Dank die Godin ek is nie so nie”, is altyd vir my vreemd. Sodra ek bedreig voel deur iemand, dan vra ek myself altyd af: waarvoor is ek bang? Want hierdie tipe van “dankie tog ek weet van beter”-retoriek in myself wys vir my altyd die plekke uit waar ek onseker is van myself.

  30. louisna het gesê op Maart 23, 2012

    Thanks vir die inloer

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.