Perfeksionisme

Maart 22, 2012 in Sonder kategorie

Toe die Venesiese glasmaker sy glase

klaar gemaak het was hulle perfek  

100% simmetries en baie duur

Toe die rekenmeester die state

foutloos en perfek opgestel het

was die deal lank reeds opgeraap

 

Toe die torakschirurg

die are perfek gelas het

was die pasiënt reeds dood

Toe die loodgieter dieselfde doen

het die stront reeds myle

ver in die straat afgeloop

 

Die bemarker gooi die 1200 dpi

beeld op ‘n screen so groot soos Loftus

Die budget is so pas in sy moer

Mammie rig Jannie se haaksgestrykte

onderbroeke met militêre presiesheid

salig onbewus van ‘n ernstige onderliggende

 

gestremdheid 

by hulle

altwee

Mammie dixie die hoeke skerp en

spog by die kerk met Jannie die perfeksionis

haar veelsydige Jannie wat werksku is

6 antwoorde op Perfeksionisme

  1. TS het gesê op Maart 22, 2012

    Meer nadele as voordele…

  2. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Ek stem

  3. lora2me het gesê op Maart 22, 2012

    Dis juis hoekom alle mense nie rekenmeesters of loodgieters of watookal moet wees nie, mant hulle wil eintlik perfekte “meesters” en “gieters” i.p.v. doeltreffende werkers wees. Dus, die les is: bly weg van te duur, te mooi, te langdradig, te groot en te presies, want dis menslik onmoontlik om dit te bekom en te bemeester sonder om iets belangriker prys te gee.

  4. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Spot on. Jy is baie skerp met hierdie stukkie insig.

  5. Het ons nie maar almal ‘n bietjie van Jannie in ons nie?

  6. louisna het gesê op Maart 22, 2012

    Nou dat jy dit noem, ja.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.