Inge Lotz

Maart 18, 2012 in Sonder kategorie

Ek sien Inge Lotz, die Matiestudent wat in 2005 wreedaardig vermoor is, se pa bied nou ‘n beloning aan om die moordenaar op te spoor.

Rapport skryf: Presies sewe jaar ná die moord op die Matie-student Inge Lotz het haar pa Vrydag ’n beloning van R1 miljoen uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van haar moordenaar sal lei.

Ek het destyds hierdie stukkie op die moordblog geskryf:

Gebed om die waarheid

Inge Lotz se moord het
soos ’n druppel kwik wat val,
ons met duisend stukkies nagelaat

Elkeen is ’n repie siel wat spoorsny
en op al die plekke waar sy
eenmaal was vertoef

So soek ons Heer
die waarheid en genade
hier, waar U winde oor
’n duister landskap waai
en stukkies van die
groter legkaart op
’n hoop vergader

Sy speel nou
in God se simfonie
en kyk vergewend af

Ek dink haar ouers sal nooit closure kan kry voor die moordenaar opgespoor is nie.

Mooi dag verder.

24 antwoorde op Inge Lotz

  1. Ek hoop regtig dat die moordenaar opgespoor sal word. My hart gaan uit na die Lotz-gesin.

  2. TS het gesê op Maart 18, 2012

    Gaan haar nooit terug bring

  3. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Maar hulle wil closure kry. Dis hulle reg om die moordenaar agter tralies te wil sien.

  4. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Ek voel dieselfde. Ek het destyds baie op die moordblog geskryf. Die blog was iets tussen ‘n oorlog en ‘n tranedal

  5. Geitjie1 het gesê op Maart 18, 2012

    Wat ‘n uiters tragiese geval, dit moet uitmergelend en traumaties vir haar gesin wees!

    Mens vertrou dat die volle waarheid sal uitkom en dat die skuldiges sal boet…….

  6. smella het gesê op Maart 18, 2012

    Tina, die polisie / ondersoekspan skuld haar ouers die WAARHEID rondom haar moord…….

  7. smella het gesê op Maart 18, 2012

    Mag die waarheid uitkom en die skuldiges gevonnis word.

  8. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Ek stem.

  9. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Ja, ek hoop ook so

  10. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Beslis ja smella

  11. loudavisi het gesê op Maart 18, 2012

    Ek het sopas Piet Byleveld klaargelees

    Plaas hulle het hom ingeroep vir die saak!

  12. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Byleveld sou daai saak susesvol in dae of weke oplos. Wat ‘n jammerte. EK dink steeds hulle moet hom aanstel om te kyk, al is dit 7 jaar te laat. Daai man is briljant.

  13. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Watter ouer sal ooit closure kry as die moordenaar van sy kind vry ronsloop?

  14. frikve het gesê op Maart 18, 2012

    Ek stem saam oor Piet B.
    Bliksem Ouboet, maar jy kan toor met ‘n woord!!!
    Lekker Sondag.

  15. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Thanks Frik. Ja ek dink Byleveld sou die regte job gedoen het.

  16. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Yes. Ek glo nie Inge se ouers wil wraak neem nie.Hulle is net geregtig op die waarheid.

    Daai girl was hipertalentvol en beeldskoon. Selfs ek wat niks van haar is nie, wil geregtigheid sien.

  17. loudavisi het gesê op Maart 18, 2012

    Inge se pa kan MOS sommer die miljoen rand vir Piet gee.

    Tsk…sommige mense is lekke dom.
    ; )

  18. louisna het gesê op Maart 18, 2012

    Ek dink niemand sal ‘n beter job as Piet doen nie. Miskien hoop die ouers iemand daarbuite het die laaste stukkie om die puzzle te voltooi.

  19. jiushiIII het gesê op Maart 18, 2012

    ==== http://www.fashion-long-4biz.com ====

    2012 comes, in order to thank everyone, characteristic, novel style, varieties, low price and good quality, and the low sale price. Thank everyone

    top Nike air Jordan shoes33$,Air Force 1 33$, Nike dunks SB shoe,Nike Shox shoe. Wholesale Cheap Nike shoes with discount jersey, High quality T-shirts,ED hardy t-shirts,ED Hardy hoodies,ED hardy shoes,ED hardy Jeans,Evisu shoes,GUCCI shoes,LV Handbag,Chanel Handbag
    Lv,Gucci,Prada,Coach,Chanel Women sandal is $30
    DG,JUICY,Lv,Gucci,Coach Hand-bag price is $35

    Jordan (1-22)&2009 shoes $45
    Nike shox(R4,NZ,OZ,TL1,TL2,TL3) $35

    Handbags(Coach lv fendi d&g) $30

    Tshirts (Polo ,ed hardy,lacoste) $13

    Jean(True Religion,ed hardy,coogi) $30

    Sunglasses(Oakey,coach,gucci,Armaini) $15
    N
    bikini $18

    ==== http://www.fashion-long-4biz.com ====

  20. endlich het gesê op Maart 19, 2012

    my hart gaan uit na die arme mense. en die twyfel binne my steeds: was dit fred?
    Ek het van die begin af gegeglo dis nie hy nie, ‘n aktuaris kan tog nie tot so iets in staat wees nie(my pa is een…)

  21. louisna het gesê op Maart 19, 2012

    Ja, dis jammer. Ek het ook gedink dit is hy, maar die polisie het so drooggemaak dat alle spore doodgevee is.

  22. STC het gesê op Maart 21, 2012

    Die seer van ‘n ouer hou nooit op nie..maar tot die waarheid daar is..kan boek nie toegemaak word nie. Mooi saamgevat, Ouboet.

  23. louisna het gesê op Maart 21, 2012

    Dankie. Ja baie waar

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.