Vaart op die Amazone

Februarie 22, 2012 in Sonder kategorie

Ek en my beter helfte sien al jare daarna uit om op die grootste rivier op aarde te gaan vaar. Ons is besig om kwotasies te kry en reëlings te tref vir iewers in Junie. Ons salk seker so  7 nagte vaar en die natuur en dierelewe besigtig.

Dit lyk asof Emirates die beste bedeling met die vlugte het, want ‘n stop en ‘n dag of vier in Dubai is nie beduidend duurder as ‘n vlug direk na Manaus vanwaar die cruise vertrek nie.

Ons was 10 jaar laas in Dubai en die plek het seker intussen meer as verdubbel.

Ons wil graag ook Machu Picchu toe gaan, maar dit sal seker die pry$ en tyd weg van die huis af beduidend opjaag.

Nietmin, geniet julle dag verder.  Ek is môre ‘n spreker op ‘n konferensie en moet bietjie gaan voorberei.

31 antwoorde op Vaart op die Amazone

  1. TS het gesê op Februarie 22, 2012

    Sug… ek is groen van jaloesie!

  2. Gaan vaar ook. Dit sal lekker wees

  3. Ek praat oor Empowerment opportunities for SMMEs by die jaarkonferensie van die Southern African Bus Operators Association. (SABOA)

  4. Agie. 🙂

  5. lekker vooruitsig! …..die toer, nie die spreekbeurt nie

  6. Thanks.

  7. Ons was daar, in 2003. Pragtige plek.

  8. Baie dankie Sonel. Ons maak so.

  9. Laas toe ek op ‘n rivier gevaar het was dit die Kleinrivier naby Hermanus.

  10. Jy vlieg met een oers eompad…wat van SAL direk na Rio…dis alw at dei Braziliars vlieg hier van HK, na Jhb, en dan Rio, ens…
    Sal graag selwers wil gaan,,

  11. praat jy van al die hemelse doedies wat so kaal in die straat dans of?
    Prioritiete regkkry ou gabba…

  12. Geniet met oorgawe, Ouboet!
    Ek is baie dankbaar dat ek nie jy is nie…ek wil net by die huis bly.

  13. Thanks Lou. Nee, gaan toer

  14. Ek was in Rio en wil graag Dubai weer sien na al die ontwikkelings

  15. Pragtig. En ek in ‘n kanoe in die sesmylspruit.

  16. Thanks

  17. Ek sal Rio nomineer as die mooiste stad ter wereld. Die plak praat met mens en die kos is briljant.

  18. Dis jou reg om te vra

  19. Fat chance! Daai outjies is so ingeburger dat jy hulle nie kan lig nie…

  20. Netjies. Laat die bulle merk maak.

  21. Klink opwindend Ouboet………pasop vir daai piranhas in die Amazone! Doen dit!!

    Ons gaan in Junie Europa toer, baie opgewonde!

  22. Mooi. Geniet dit

  23. avega het gesê op Februarie 23, 2012

    Ons wil ook nog op die Amazone vaar, ek het ook al begin kyk na opsies. Die ding is hoe besluit jy waar om te gaan? Die rivier strek oor ‘n paar lande, gaan jy Brasilie toe? Wyseman is mal oor Dubai agv die geboue en goedkoop hotelle.

  24. Ag jy maak my jaloers. Ek wil ook Dubai toe. Twee van my kinders bly daar!!

  25. N0u maar gaan kuier

  26. Manaus is in Braz. Sak seker daar seewaarts vaar en terugkeer.

    Dubai is pragtig maar ek was ‘n dekade laas daar.

  27. Hoe het die spreekbeurt by die konferensie toe afgeloop? Moet se, daai vaart klink heerlik!

  28. Bie goed dankie. Daar was net baie moeilike vrae

  29. TS het gesê op Maart 3, 2012

    Sien van hier af het ek onder radar gevlieg! Jammer ek het maar ‘n persoonlike rede hiervoor. Ek haat gevegte met ‘n passie … die lewe is te kort daarvoor.

  30. louisna het gesê op Maart 3, 2012

    Wie fight? Ek is’n vredemaker.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.