Die emosionele krag van ‘n lied

Februarie 14, 2012 in Sonder kategorie

Vroulief het my bygestaan met die speech. Sy het musiek op die tablet (met die tablet deur die speakers) gespeel.

Dertien van ons groep van 126 matrikulante is reeds dood. Ek het hulde aan hulle gebring en hulle foto’s gewys terwyl Amazing grace op die doedelsakke in die agtergrond gespeel word.

Dit maak nogal emosies wakker, veral toe my matriekafskeidmetgesel wat selfmoord gepleeg het se foto op die skerm verskyn.

 

Net so het het Lara’s theme gehelp om ‘n sakdoekie nader te trek. Ek kan hom netnie gepos kry nie, want dan verdwyn alles.


21 antwoorde op Die emosionele krag van ‘n lied

  1. Ek blameer haar glad nie. Ek sou ook nie ‘n leeftyd daarmee kon cope as jy my matriekafskeid partner was nie.

  2. Dis die hartseer deel van ‘n re-unie. Dit klink darem van ‘n vorige blog dat julle die aand geniet het. Lekker ou dae se gesels. Het julle ook so baie gelag soos ons met ons byeenkoms? Ek het nie geweet ek kon nog so baie lag dat my ribbes seer word nie.

  3. Ongelukkig is dit die hartseer deel.

    My “toespraak” het ‘n samespraak geword en die tussenwerpsels het ons onbedaard laat lag.

  4. Middag Kamma – Onthou Jesus gaan jou straf as mense oor jou ware identiteit bedrieg.

  5. afafaf het gesê op Februarie 14, 2012

    Amperbekak ek my, toe ek dog dis weer ‘n speech.

  6. Treat jouself met threeply

  7. een van ons klasgroep was laas jaar reeds te siek om reünie by te woon en is ook nie lank daarna oorlede.
    Aan jou gedink toe ons daar bo by die hek ingery het

  8. jesus is cool. en hy straf niemand nie.

  9. en johan. jy is gaaf. so hoekom hou jy aan kak soek by mense wat jou glad nie pla nie?

  10. Bad news versprei vinnig

  11. Jesus straf niemand nie? Dit mag die kakste stelling ooit op die blogs wees. Tensy jy bedoel Jesus bestaan nie daarom straf hy nie mense nie.

  12. Lara se tema – daarmee grootgeword, maar nooit die fliek gesien nie. My pa terg altyd my ma dat sy die hele fliek deurgehuil het.

  13. Ongelooflike mooi fliek en song. Die oorspronklike is op you tube.

  14. Thanks V

  15. Klink of dit ‘n baie geslaagde reunie was en dat jy ook ‘n aandeel in die geslaagdheid gehad het.

  16. Baie dankie. Dit was heerlik

  17. Jy het baie moeite gedoen!

  18. Ja nogal, maar dit was elke stukkie sweet werd.

  19. dankie vir jou kommentaar…

  20. Groot plesier

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.