Terugvoer oor die reunie

Februarie 12, 2012 in Sonder kategorie

EK sal later foto’s wys. My speech was baie lekker en die mense het saamgesels en lekker gelag. Ek het gou hierdie pos aan die pelle gestuur.

Dankie vriende vir ‘n buitengewoon verruklike 40ste reunieviering. Vir 7 ure, van vier tot skuins voor elf is daar gekuier en gesels. 

Elize, jy het weer eens ‘n briljante jobbie gedoen. Welgedaan. Jou verwelkoming en verruklike en wydgeskakeerde speel met woorde het ons laat besef ons kom uit ‘n era sonder gelyke.

Na vriend Ockert se roerende tafelgebed het ons gebraai, heerlik geëet en die  metaforiek van ‘n geleefde jeug knus en meelewend onder die loep geneem.

Hoeveel ander matriekklasse het 6 uiters suksesvolle reunies gehou? My beter helfte van 32 jaar het my gekomplimenteer met my verruklike vriendekring.

Die gedagte aan die volgende reunie oor 10 jaar is vir my bloot ‘n bridge too far.  Kom ons maak dit weer oor 5 jaar  soos met die 5de en die 35ste. MAAR, ek stel voor ons hou oor ‘n jaar of twee dalk net ‘n beplanningsessie oor die aangeleentheid. (Oor ‘n bord kos natuurlik). Mens wil tog nie sinvolle besluite oor ‘n roerende toekoms neem sonder ‘n plan nie. (Neem kennis dat ek gelisensieerd is om hierdie stelling te maak.)
 
Onthou, oor 10 jaar vat-vat ons aan die 70   en dit is veels te na aan bejaardheid en dit wat daarmee gepaardgaan. Kom ek verduidelik.

Verskoon asb die twee kragwoordjies in die onderstaande poging om my punt te illustreer.  Die idee het oor my vaardig geraak tydens ‘n besoek aan my 87 jarige moeder in Huis Herfsblaar. Sy is nog hiperskerp,maar nie al haar vriende nie.

Alzheimer

Môre is ‘n mooi dag
Ongelukkig is dit gou oor
Hierdie vae gevoel van fokol
weet en heelwat meer sê
is meer as ‘n illusie
wat onwetend
insluimer as die drif dun raak
en siestogs oor die kens rand kots

Bliksem Ouboet
die oes is skraal
die tref genadeloos
in die one-way skemer wat
onaangekondig
onwetend
oor ons vaardig raak
Môre was ‘n kak dag
Ongelukkig gebeur dit weer

Hou in gedagte dat ouderdom nie vir sissies is nie

Ouderdom

Die peerboom sal nie
weer wit blom nie
Die gety suig te sterk
vir sagte woorde
Briektraag
stomp woorde
plavei hulself
en rig die stroom vanself
soos wat die gety vanself
muteer
Met oudword gebeur alles
sommer vanself
pretensieloos
rigtingvas
en tranerig
soos die knop in die keel

Die PowerPoint aanbieding  met die musiek is amper 300 meg, wat enige e-pos se rug gaan breek. Toe stel my seun ( Op 25 my eerste hoop om my tot die titel van oupa te verhef as hy ‘n trougirl ontmoet)  voor hy skep een of ander aflaaiplek in die kuber wat julle in staat sal stel om dit af te laai. Blykbaar sal dit vinnig aflaai.  Ek sal die detail so gou moontlik aan julle stuur.

Hier is die lead vir die aflaai van my speech sonder die musiek:

Files available for download:

File name Description Size
Reunie sonder klank 2003.pps Size: 61.3MB

Download: http://myaccount.dropsend.com/file/3f03a4dfa63c5f70
You can download these files up to 10 times each over the next 7 days.


Hartlike groete,

Die rietskraal boorling van ’71

15 antwoorde op Terugvoer oor die reunie

  1. Ons vyftigste kom vinnig nader. Dink almal is maar huiwerig. Bly dat julle dit so kon geniet.

  2. Thanks vir die inloer Latino. Ja, ek dink 50 kan die emosies roer.

    Ek wou net 30 minute praat. Toe las die vriende so by en maak soveel opmerkings tussenin, dat dit langer as ‘n uur geduur het. Wat maak mens as hulle meer as 5 minute lank lag? Jy los hulle dat hulle klaar lag.

  3. Was jy Hoofseun Ouboet?

  4. TS het gesê op Februarie 12, 2012

    Klink lekker

  5. Yes, thanks

  6. Standerd 5 ja maar matriek nee.

  7. Is jou kop seer?

    (Dis hoe jy weet of dit ‘n goeie party was)

    🙂

  8. Snaaks genoeg. Ek het nie “hard” gekuier nie.

  9. Thanks. Ek maak so

  10. *grin*

    So die geselskap was orraait!

  11. Baie oraait. Die meisies veral het stunning gelyk en heerlik gesels

  12. Sien ook uit na ons s’n volgende maand. 🙂

  13. Geniet dit.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.