14 jaar gelede

Februarie 4, 2012 in Sonder kategorie

Terwyl ons rustig die Manhattan-eiland te voet verken sien ons ‘n luiddrugtige Afrika-Amerikaner wat ‘n massiewe blink mobiele hi fi op sy skouer dra wat so hard speel dat jy dit omtrent oor die volle lengte van Central Park kan hoor.  Hier het die Naudés leer lag. Elke keer as ‘n kultuurvreemde ervaring met bekende ondertone oor ons vaardig raak, lag ons uit volle bors.  

Kleinboet wissel sy eerste tand by die Niagara Falls. Dit was nogal ‘n heerlike ervaring. Pa vra of hy net kan voel of die tand al los is, en woerts is die tand uit. Hierdie tegniek het ek by pa Koos geleer. Voel kwansuis of die tand los is, gryp hom ferm en trek hom doelbewus en sonder seremonie uit. Merk net onmiddellik op: ja Pa het gevoel die tand was baie los.

Die vorige aand het ons in die draaiende restaurant met ‘n pragtige uitsig oor die watervalle geëet. Die uitsig oor die watervalle is werklik ongelooflik mooi.

As gevolg van begrotingsdruk besluit ons op die hoenderdis teen meer as R 800 vir die gesinnetjie, tip uitgesluit. Die volgende oggend in die CN toring nadat ‘n onskuldige buikwind ‘n massiewe glips word het pa besluit dat die hoenderdis nie die beste keuse was nie.  Gelukkig was die rol toiletpapier in sy tamaai plastiekomhulsel amper ’n meter in deursneë.

Die CN toring was tot betreklik onlangs die hoogste vrystaande mensgemaakte struktuur in die wêreld. Op die boonste verdieping is ’n gedeelte van die vloer ’n glasblad waaroor mens kan loop. Wat ’n enorme ervaring was dit nie.  Hoogtevrees was nog nooit juis ’n fobie nie, maar daardie dag het ek erg gewonder.   

‘n Paar Italianers was op die toer, onder andere ‘n pragtige meisie. Kleinboet het ‘n massiewe vriendskap gesmee met sy “hallo my liefling” opmerking in Italiaans. Die pragtige Italiaanse roos met haar blink swart hare raak toe heeltemal in vervoering oor die gebaar van die aansienlike jong boerseun en gee hom die hug van ‘n leeftyd. Vir die res van die toer was sy nogal heel danig met hom.

In Washinton bly ons in a pragtige hotel. Vroeulief is effens olik en ek vermaak die kinders.  Die kinders experimenteer met die skoenskoonmaakmasjien, die ysmasjien, die telefoon met sy vele opsies en dergiike apperatuur. Snaaks hoedat tegnologie geen intelligente en antwoorsdsoekende kind van vandag afskrik nie. Hedendaagse middeljariges het hierdie verkenningsfase grootliks gemis en gevolglik ‘n gestremdheid geërf wat grootliks ongeneesbaar is.

 

10 antwoorde op 14 jaar gelede

  1. TS het gesê op Februarie 4, 2012

    Enige mens van veertig en ouer moet net weet hoe om ‘n opdrag te gee en die jong klomp sal jou help selfs sonder om die oë te rol.

  2. Naand Ouboet. Jou inskrywing stem my weemoedig.

  3. Ware woorde, Sonel. Wat ouer mans al vegeet het, moet die jonger garde nog leer.

  4. louisna het gesê op Februarie 4, 2012

    Thanks vir die inloer

  5. louisna het gesê op Februarie 4, 2012

    Thanks. Kleinboet is strate beter as sy pa

  6. louisna het gesê op Februarie 4, 2012

    Yes. Ek stem

  7. louisna het gesê op Februarie 5, 2012

    Weemoedig. Nou verstaan ek gladnie.

  8. louisna het gesê op Februarie 5, 2012

    smish, met die tegnologie is dit net andersom

  9. Ek het op ;n memory paadjie van my eie gestap gisteraand. Steur jou nie aan die kommentaar van ‘n ou man op ;n Saterdagaand nie.

    Mooi stuk wat jy geskryf het.

  10. louisna het gesê op Februarie 5, 2012

    Thanks. Nou verstaan ek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.