EK sal later foto’s wys. My speech was baie lekker en die mense het saamgesels en lekker gelag. Ek het gou hierdie pos aan die pelle gestuur.
Dankie vriende vir ‘n buitengewoon verruklike 40ste reunieviering. Vir 7 ure, van vier tot skuins voor elf is daar gekuier en gesels.
Elize, jy het weer eens ‘n briljante jobbie gedoen. Welgedaan. Jou verwelkoming en verruklike en wydgeskakeerde speel met woorde het ons laat besef ons kom uit ‘n era sonder gelyke.
Na vriend Ockert se roerende tafelgebed het ons gebraai, heerlik geëet en die metaforiek van ‘n geleefde jeug knus en meelewend onder die loep geneem.
Hoeveel ander matriekklasse het 6 uiters suksesvolle reunies gehou? My beter helfte van 32 jaar het my gekomplimenteer met my verruklike vriendekring.
Die gedagte aan die volgende reunie oor 10 jaar is vir my bloot ‘n bridge too far. Kom ons maak dit weer oor 5 jaar soos met die 5de en die 35ste. MAAR, ek stel voor ons hou oor ‘n jaar of twee dalk net ‘n beplanningsessie oor die aangeleentheid. (Oor ‘n bord kos natuurlik). Mens wil tog nie sinvolle besluite oor ‘n roerende toekoms neem sonder ‘n plan nie. (Neem kennis dat ek gelisensieerd is om hierdie stelling te maak.)
Onthou, oor 10 jaar vat-vat ons aan die 70 en dit is veels te na aan bejaardheid en dit wat daarmee gepaardgaan. Kom ek verduidelik.
Verskoon asb die twee kragwoordjies in die onderstaande poging om my punt te illustreer. Die idee het oor my vaardig geraak tydens ‘n besoek aan my 87 jarige moeder in Huis Herfsblaar. Sy is nog hiperskerp,maar nie al haar vriende nie.
Alzheimer
Môre is ‘n mooi dag
Ongelukkig is dit gou oor
Hierdie vae gevoel van fokol
weet en heelwat meer sê
is meer as ‘n illusie
wat onwetend
insluimer as die drif dun raak
en siestogs oor die kens rand kots
Bliksem Ouboet
die oes is skraal
die tref genadeloos
in die one-way skemer wat
onaangekondig
onwetend
oor ons vaardig raak
Môre was ‘n kak dag
Ongelukkig gebeur dit weer
Hou in gedagte dat ouderdom nie vir sissies is nie
Ouderdom
Die peerboom sal nie
weer wit blom nie
Die gety suig te sterk
vir sagte woorde
Briektraag
stomp woorde
plavei hulself
en rig die stroom vanself
soos wat die gety vanself
muteer
Met oudword gebeur alles
sommer vanself
pretensieloos
rigtingvas
en tranerig
soos die knop in die keel
Die PowerPoint aanbieding met die musiek is amper 300 meg, wat enige e-pos se rug gaan breek. Toe stel my seun ( Op 25 my eerste hoop om my tot die titel van oupa te verhef as hy ‘n trougirl ontmoet) voor hy skep een of ander aflaaiplek in die kuber wat julle in staat sal stel om dit af te laai. Blykbaar sal dit vinnig aflaai. Ek sal die detail so gou moontlik aan julle stuur.
Hier is die lead vir die aflaai van my speech sonder die musiek:
Files available for download:
File name |
Description |
Size |
Reunie sonder klank 2003.pps |
|
Size: 61.3MB |
Download: http://myaccount.dropsend.com/file/3f03a4dfa63c5f70
You can download these files up to 10 times each over the next 7 days.
Hartlike groete,
Die rietskraal boorling van ’71
Onlangse kommentare