Gesin sit songs by ouboet se speech
Januarie 31, 2012 in Sonder kategorie
Ek is so bly ek het slim seuns op tegnologiese gebied. Hulle voel hulself geroepe om hul pa te help met sy reunie-speech.
Sit songs by pa. Ons vat die amplifier en groot speakers saam om die skare behoorlik te trakteer
Vroulief sit hand by. Hulle surf youtube en stel die volgende musiek voor wat tussen die speech se metaforiek ingevleg word. As pa praat sal daar heeltyd sagte relevante songs as agtergrondmusiek gespeel word.
As pa ter inleiding die hoofmeisie bedank vir die speech-geleentheid, moet Lara’s theme speel. Ek vermoed tannie Sonja gaan ‘n traantjie wegpink.
Dan vleg ons die volgende songs wat karkter aan die sestigs en sewentigs gegee het by die speech in:
- Cry to me
- Don,t forget to remember me
- Cotton fields
- El Condor pasa
- Words
- Summer prayer for peace
- Sproetjies
- First of May
- Heart (Nie die beste keuse nie, maar hy roep matriekafskeid-memories op
En as pa die heildronk op die vrouens se goeie smaak (dis nou die manne) instel, dan speel ons Mario Lanza se weergawe van die drinking song uit The Student Prince.
Ek o ja, pa se laaste slide is mos: Fluit fluit my storie is uit. Dan sit ons Fanus se penny whistle full blast op as pa die podium verlaat.
Ek dink my beter helfte en twee seuns se kreatiwiteit spreek boekdele.
Stoepgroete,
Ouboet
monetsa het gesê op Januarie 31, 2012
Hallo Ouboet, en op die ou einde sal alles wees net soos dit moet wees….jy gaan great wees!!!!
TS het gesê op Januarie 31, 2012
mmmmmm hierdie speach word langer en langer en langer… sug… *koes*
Blikskottel het gesê op Januarie 31, 2012
Klink nice..ek maak mos ook so musiek en neem fotos op paarties.
louisna het gesê op Januarie 31, 2012
Mooi. Dit werk My seuns gaan help, foto’s neem, braai ens.
louisna het gesê op Januarie 31, 2012
Laas was die aanbieding omttrent ‘n uur. Dit raak later ‘n groepsgesprek soos wat die mense lag en saampraat.
louisna het gesê op Januarie 31, 2012
Baie dankie. Ek hoop van harte so
Trakie het gesê op Januarie 31, 2012
Goeie idee! Die regte musiek wek altyd nostalgie.
Ientjie het gesê op Januarie 31, 2012
Oooo maar dit gaan heerlik wees. Sien al voor my oe al die gesels en lekker kr. Die musiekkeuse is “awsome” Billy Vaughn se tussenin musiek!James Last se rustige tog opgewekte musiek! Oooo nostalgies!
umhlanga het gesê op Januarie 31, 2012
Haha, goed geskryf! Ek kan nie glo julle gaan Cry to me EN Sproetjies speel nie! :))
HeavyHenry het gesê op Januarie 31, 2012
Nice!
louisna het gesê op Januarie 31, 2012
Thanks Henry
louisna het gesê op Januarie 31, 2012
Dit is deel van die geleefde verhaal
louisna het gesê op Januarie 31, 2012
Baie dankie en thanks vir die tip
louisna het gesê op Januarie 31, 2012
Baie dankie. Ek dink ook so
avega het gesê op Januarie 31, 2012
Oh ha-a-a-art, van Gene Rockwell!!! 🙂
louisna het gesê op Januarie 31, 2012
Yes.
Ek-Myself het gesê op Februarie 1, 2012
Ouboet, sorry ek vra nou HIER, maar war het van Rooiwyn geword? Weet jy?
louisna het gesê op Februarie 2, 2012
Ongelukkig weet ek nie.
smishsmash het gesê op Februarie 2, 2012
Wonderlik as ‘n gesin so saamwerk.
smishsmash het gesê op Februarie 2, 2012
‘n Uur is lank om ‘n pis in te hou. Jy sal moet pouse hou vir die ou manne soos ons. Of wat praat ek als?
CelesteDumas het gesê op Februarie 2, 2012
goeie voorbereiding – meer as Tannie Sonja gaan ‘n traantjie wegpink!
louisna het gesê op Februarie 3, 2012
Moontlik ja.
louisna het gesê op Februarie 3, 2012
ja, dis baie lekker
louisna het gesê op Februarie 3, 2012
As die nood druk sal ons maar’n break vat.
Madhatter het gesê op Februarie 3, 2012
Te lekker. Die musiek gaan die ding doen.
louisna het gesê op Februarie 3, 2012
Yes, dis net moeilik om uit honderde songs ‘n paar te kies.
casinositeone.JDS het gesê op Junie 5, 2022
It’s always useful to read through content from other authors and use something from other sites.
casinosite777infoJDS het gesê op Junie 5, 2022
Hi there, You have done an excellent job. I will certainly digg it and personally suggest to my friends.
casinositezoneJDS het gesê op Junie 5, 2022
I am confident they will be benefited from this web site.
casinositeguidecomJDS het gesê op Junie 5, 2022
I love your blog.. very nice colors & theme. Did you create this website yourself or did you hire someone to do it for you? Plz reply as I’m looking to create my own blog and would like to find out where u got this from. thanks a lot.