Die oorgeslaandes

Januarie 30, 2012 in Sonder kategorie

‘n Oorgeslaande is iemand wat oorgeslaan is met een of ander menslike gawe of talent.  Oorgeslaandes kompenseer dan om teen ander te diskrimineer wat wel die gawes ontvang het waarmee hulle oorgeslaan is.

Mens kan baie van menswees en oorgeslaandheid leer, veral uit die verlede, en die Victoriaanse tydperk in die besonder.

Die tydperk tussen geslagsrypheid en die voltrekking van die huwelik was in daardie dae  baie korter as vandag.

Die tyd vir foute was dus minder, en tog het glipsies hier en daar soos ‘n dief in nag die ingesluip om die heersende orde en waardes van die volk te versteur.

Die oorgeslaandes van die lewe het die nuus van die oortreding soos ‘n veldbrand deur die kontrei versprei. Praat sag maar slaan hard met die tong is die onderliggende strategie, selfs vandag nog.

Normale mense wat voortydig met die verstommende krag van die vlees kennis maak het min begrip vir hierdie  gedrag, wat deurspek is met intense afsku én groot onderliggende verlange.

Mooi dag verder.

Stoepgroete,

ouboet

6 antwoorde op Die oorgeslaandes

  1. TS het gesê op Januarie 30, 2012

    Ek sal bietjie hieroor moet dink …

  2. goed gestel, ‘n oom is toentertyd op 36 getroud met ‘n dame van 16 jaar, goed gegaan.

  3. louisna het gesê op Januarie 30, 2012

    Mooi dink, en as die wysheid oor jou vaardig raak, deel die met ons

  4. louisna het gesê op Januarie 30, 2012

    Baie dankie Celeste. My groot-oupagrootjie het op 61 met ‘n 25 jarige weduwee getrou (sy tweede huwelik.) Hy het 5 kinders by haar, die laaste een op die “jeugdige” ouderdom van 72.

  5. Ouboet, vandag nog is daardie slae met die tong, ´n wettige strategie.Jy is reg.

  6. louisna het gesê op Januarie 30, 2012

    Ongelukkig wetter die tong genadeloos hard.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.