Vordering met die reuniespeech.

Januarie 29, 2012 in Sonder kategorie

Sonja, ons hoofmeisie en voorsitster van die reëlingskomitee, stuur nou die dag vir my die volgende pos, en copy almal op die lys:

Liewe Louis, jy is beslis die ou met die “geheue” en die regte woord op die regte tyd – mag ek asb die onthou- en verteltakie weer aan jou delegeer???

Ek sal langs jou staan vir morele ondersteuning en die “tegnologie” hanteer as jy weer ‘n PP aanbieding wil doen – hoe klink dit??

Toe aanvaar ek die versoek met dank.

Hier is grepies uit die aanbieding van 94 slides:

Ek begin met 2 heildronke:

Heildronk1

  • Verruklike mooi meisies wat 57/58 jaar jonk is
  • Ruik lekker
  • Stylvol aangetrek
  • Mooi gegrimeer
  • Maak die digter in ons wakker
  • Breyten se Allerliefste en stuur vir jou ‘n rooiborsduif word dalk vanaand onttroon

Heildronk 2

  • Verruklike mooi meisies se goeie smaak

Dan die agenda met verwysings na die tydgreep:

Walk through memory lane

1953/4 Ons word gebore (Roger Bannister draf die myl onder 4 minute, Edmund Hillary oorwin Everest en Elizabeth Windsor bestyg die troon.)
1960: Graad een (Sharpville sit SA op die haatkaart van die wêreld)
1967: Gaan hoërskool toe (Sesdaagse oorlog)
1971: Matrikuleer (Begin van die digitale era (Mikro proseseerders)
1972: Manne trotseer SANW & seuns (Munchen Olimpiese Spele)
1976: Vyfde reunie (Concorde vlieg)
1981: Tiende reunie: Assembly Hotel (Charles en Diana trou)
1991: Twintigste reunie: Tukkies Proefplaas. (Jeffrey Dahmer word gevang)
2001: Dertigste reunie. Loftus (World Trade  Centre word ground zero. Bin Laden
2006: 35ste Reunie: Skool. Ons kuier heerlik
2012  : 40. Vanaand is die aand

Ons gesin gaan vanmiddag uiteet voordat Kleinboet weer teruggaan Potch toe

Stoepgroete

ouboet

12 antwoorde op Vordering met die reuniespeech.

  1. Ek het jou tienjaarspronge geniet

  2. louisna het gesê op Januarie 29, 2012

    Baie dankie. ouboet waardeer.

  3. TS het gesê op Januarie 29, 2012

    Geniet die laaste tydjie saam met jou kind

  4. Klink of julle vetpret gaan maak en hoekom dan nie.

  5. louisna het gesê op Januarie 29, 2012

    Ja, ons beoog groot pret.

  6. louisna het gesê op Januarie 29, 2012

    Thanks. Ons maak so.Met al sy verpligtinge gaan ons hom seker oor 6 weke eers weer sien.

  7. Neem my ver terug! Geniet dit!

  8. louisna het gesê op Januarie 29, 2012

    Thanks. Ons maak so. Thanks vir die inloer

  9. Jy het vergeet on Tensing te noem. Ek wonder partymaal of daai ouens nie die ander daar opdra nie.

  10. louisna het gesê op Januarie 29, 2012

    Yes.Thanks vir die inloer Henry

  11. Nice. Die memory lane ding. Ek geniet die goeie ou tyd.

  12. louisna het gesê op Februarie 3, 2012

    Ek vat memory lane oor 50 jaar. Baie maats was ook in dieselfde laerskool.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.