Tips en bestemmings. Watter bestemming beindruk die minste?

Januarie 28, 2012 in Sonder kategorie

Ongetwyfeld Egipte, ten spyte van die piramides, die luisterryke markte, museums  en die langste rivier in die wêreld. Hoekom? Hierdie is ‘n mengsel van twee vorige blogs om my punt te maak.

Ek het geen probleem met tips nie.  Maar as dit as ’n demokratiese reg beskou word en geen waarde toegevoeg word nie, raak dit ietwat anders.

Vir die Egiptenare het tip ‘n leefwyse geword. Selfs ‘n motorwag wat jou beduie hoe om te reverse maak jou nie halfpad die gillende bliksim in soos ‘n “nederige” Egiptenaar nie. By die toilet word jy ‘n enkelvelletjie single ply aangebied, met ‘n verwagte tip as teenprestasie natuurlik.

Wat maak ‘n man en sy bedeelde seuns met ‘n verspotte stukke toiletpapier by die krip? ‘n Pond vir ‘n pis! Dis effe dun vir ‘n daalder.  Ek dink dit is seker die totale onbevange arrogansie wat mens teen die dak uitdryf. Mense wat geen waarde toevoeg nie en hulself emosioneel teen jou probeer aftos verdien geen tips nie. End van prent.

By een plek gebruik ons ‘n toilet sonder dat die “lavatory guard” in sig was. Ons verlaat die plek en stap aan. Ewe skielik hoor ons ‘n verbouereerde bejaarde man skreeu om ons te laat terugkom. Hy is effens mank en begin gallop of hardloop. Ons ignoreer hom, want ons het mos niks kwaads gedoen nie.  Ek lei af dat hy ons behaaglik vloek, want ons het sy fasiliteit (of eerder die fasiliteit onder sy heerskappy) gebruik sonder om hom te tip. Foeitog!

Die Amerikaners is amper net so erg oor tips as die Egiptenare. Hulle is net meer brutaal-arrogant. In restaurante byvoorbeeld vra hulle sommer of hulle die tip by die voorafbetaalde rekening moet sit. Tip voordat die diens gelewer word! Bid jou aan. Dit is voorwaar Amerikaanse arrogansie op sy heel beste.

10 antwoorde op Tips en bestemmings. Watter bestemming beindruk die minste?

  1. TS het gesê op Januarie 28, 2012

    Mmmmmm en Egipte is die enigste Afrikaland waar ek nog graag sal wil draai Sal maar moet reël dat my spaarvarkie saam gaan

  2. louisna het gesê op Januarie 28, 2012

    Snaaks, ander mense vind Egipte fassinerend, so moenie dat ek jou afsit nie. Ek was seker te veel daar. (In UAE gewerk en met Egypt Air gereis. Dan is daar ‘n lang wag in Kairo en swak beheer wat my knorrig gemaak het.)

  3. Ek gaan eerder vir twee weke Bronkhorstspruit toe as Egipte toe.
    En “tip” kan by die plae van Egipte gevoeg word. Lui spul wetters.

  4. louisna het gesê op Januarie 28, 2012

    Thanks Thomas. Ek stem saam. Lui wetters wat bakhand staan verdien nie tips nie

  5. Ons het snaaksgenoeg net vanoggend ook hieroor gepraat dat ons nie een trek vir die plek het nie

  6. louisna het gesê op Januarie 29, 2012

    Mooi. Great minds think alike

  7. Daar eet ons toe vandag by mense en die man vertel hy was onlangs Egipte toe en kon nie uitgepraat raak oor die plek wat so morsig is nie

  8. louisna het gesê op Januarie 29, 2012

    Yes. Swak bestemming

  9. Gelukkig nog nooit lus gehad om daar besoek af te lê nie. Ek het al gewonder hoeveel ek hier per maand spandeer aan al die tips vir karwagte ens.

  10. louisna het gesê op Februarie 3, 2012

    Jy mis niks. ja, die karwagte maak my soms knorrig met die uitbeduie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.