Matriekreunie

Januarie 26, 2012 in Sonder kategorie

 Op 11 Februarie vind ons veertigste matriekreunie plaas. Eintlik moes dit op 26 November laasjaar plaasvind, maar ‘n belangrike lid was oorsee.

Die grootste probleem met die reëlings is om die vroulike geslag op te spoor want ons ken nie hulle getroude vanne nie.  Enkele (slim) girls noem hulle nooiensvan ook, wat die Google- of Facebook-soektog beduidend vergemaklik.

Tot dusver het slegs  24 van die geselskap van 126 matrikulante van 1971 bevestig hulle kom. Gelukkig is dit die gesonde kern van die span.  Ek vermoed ons kan dalk dertig haal, en dan is die skare seker so vat-vat aan die sestig, beter helftes, kinders, kleinkinders  en aanhangsels ingesluit.

Seker so tien lede is nie meer met ons nie, onder andere my matriekafskeidmetgesel.

My speech is reeds 86 PowerPoint slides, foto’s ingesluit.  Ek wil dit verminder, maar wat laat mens uit?

Hier is ietsie oor die 5de reunie in 1976 wat ek op die dertigste reunie as ‘n lang opstel uitgedeel het:

Ek dog my geheue is goed, toe verras Attie my met meticulous detail uit die tuin van herinnering. Yes, van die 5-jarige reunie by die Fonteine onthou hy sekere grepe in technicolour, onder andere die gebeurlikhede op my Volla se agterseat, en wys my daarop dat die betrokke lede teenwoordig is. Soos met die eier en die ham wonder ons of hulle involved of committed was, en die een verlore geleentheid na die ander, asook die verdwaalde hit of twee, word uit die oeuvre van die gryse verlede opgediep.

Met mammies in die midde verskans ons elke greep in die Monavoni-idioom van destyds. Na ‘n Bells of drie (hy drink nie meer skuimkoppe nie want dit laat sy massiewe pens nog groter uitswel) konfronteer Attie die manlike heteroseksuele lid. Sy flink brein roep die gedagtes op, eers langsamerhand, maar ‘n helder oomblik tref hom en sy oë verklap alles, lock, stock & barrel.  

Ouboet (regs) en vriend Attie tydens die 35ste reunie met my beter helfte op die voorgrond.

Groete,

ouboet

14 antwoorde op Matriekreunie

  1. Trip down memory lane… Mooi herinneringe… Brandhout vir die oudag! Hoop jy spoor die meeste op!

  2. louisna het gesê op Januarie 26, 2012

    Baie dankie.Ja memory lane is in overdrive.

  3. Ek hoop dis een moerske lekker partytjie.

  4. Attie lyk heel komies
    maar
    Ouboet, daai snor van jou lyk dan skeef?
    ns
    as alle vollas se agterseats en bonnets kon praat, dan het al onse kinders in skaamte gevlug

  5. louisna het gesê op Januarie 26, 2012

    Waarheid, daar was gespyker in my Volla, maar mens moet ligloop vir feite. Albei is intussen gelukkig getroud. Mens moenie ‘n goeie verhaal skend met feite nie.

  6. louisna het gesê op Januarie 26, 2012

    Baie dankie. Ons gaan hom lekker maak.

  7. Hoekom is een lid meer belangrik met ‘n reunie?

  8. louisna het gesê op Januarie 26, 2012

    Dis girl wat alles (vir dekades reeds)
    reël.Sonder haar sou dit nie werk nie en ‘n fokop ons inwag

  9. louisna het gesê op Januarie 26, 2012

    vega het sopas op jou inskrywing “Matriekreunie” kommentaar gelewer:

    “86 slides? Ek het ‘n plan, haal al die slides van jouself uit :-)”

    Om te antwoord op die kommentaar, kliek op die skakel hieronder:
    http://letterdash.com/louisna/matriekreunie-26-Jan-2012

  10. louisna het gesê op Januarie 26, 2012

    Ek is net op 2 slides en dis groepfoto’s van vorige reunies.

  11. Herinnringe is kosbaar! Geniet dit!

  12. louisna het gesê op Januarie 27, 2012

    Thanks. Ons maak so

  13. Kyk nou die toeval. Ons is ook besig met die reel van ‘n reunie. Ek geniet dit altyd baie.

  14. louisna het gesê op Februarie 3, 2012

    Ja, dis heerlik. Julle is seker nog dekades van die 40se reunie af?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.