OP ‘N LIGTER TRANT

Januarie 24, 2012 in Sonder kategorie

Ofskoon pa ‘n redelike ernstige, beredeneerde en kalm mens was, was daar soms ook ligter momente aan sy sy. ‘n Insident tussen my en pa wat ek tot my sterfdag sal onthou was die keer toe ek vir ‘n mediese ondersoek moes gaan voor my militêre diens. Die ou voor my het dit nie gemaak nie vanweë verskeie ongesteldhede.

Die beampte het ‘n uitvoerige relaas gegee oor hoekom hy nie geskik is vir militêre opleiding nie. Toe hy die ou uiteindelik oortuig, het hy ‘n treffende slotopmerking gemaak: “Jou p.. ( die bekende drieletter woord vir urine) is al genoeg rede om jou uit die Army te hou.”

Toe ek pa die aand oor die insident inlig,  het hy gelag soos ek hom in my lewe nie hoor lag het nie. Hy het maande daarna nog oor die insident gelag. Hy wat kan lag het vrede, en dit is soos ek my pa onthou: ‘n vredemaker.

Pa was in vele opsigte ‘n uitsonderlike mens. As ek aan hom dink hoor ek die soet klanke van La Paloma, daardie mooi Italiaanse lied wat hy sonder enige opleiding meesterlik op die klavier kon speel.

13 antwoorde op OP ‘N LIGTER TRANT

  1. laleo1 het gesê op Januarie 24, 2012

    Ah sweet – I liked this. Good memories.

  2. My pa was ook so effens van ‘n terggees. As kinders het ons altyd eers na my ma gekyk, as hy iets kwytraak, net om seker te maak oor of dit ernstig is of nie…

  3. louisna het gesê op Januarie 24, 2012

    Thanks en dankie vir die inloer

  4. louisna het gesê op Januarie 24, 2012

    Dis lekker om goeie dinge oor jou ouers te onthou.

  5. louisna het gesê op Januarie 24, 2012

    Pawees is inderdaad nie vir sissies nie, maar dit bly lekker.

  6. TS het gesê op Januarie 24, 2012

    lekker die onthou

  7. Vredemaker… lekker om jou pa so te onthou!

  8. Ouboet dis so ‘n mooi onthou..! Ek’t ook so ‘n onthou gehad so ‘n rukkie terug, oor my eie ouboet. http://blogs.litnet.co.za/Petronell/ek-onthou

    Hy wat kan lag het vrede…so mooi.

  9. louisna het gesê op Januarie 24, 2012

    Pragtig. Ja, onthou is ‘n gawe en ‘n voorreg

  10. louisna het gesê op Januarie 24, 2012

    Yes, hy het as oom Koos die vredemaker in die buurt bekend gestaan.

  11. louisna het gesê op Januarie 24, 2012

    Yes, ek like onthou.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.