Geluk eksiperfeksi met jou kreatiewe woordskepping

Januarie 21, 2012 in Sonder kategorie

Die uitdaging om sinonieme vir die woord lykswa te skep het baie goeie en interessante skeppings opgelewer.

Eksieperfeksi het gewen met ‘n pragtige nuutgeskepte woord tattatêksie. Hy skik so lekker sag op die tong.

Terwyl ons oor die doderyk praat, hier volg ‘n flou grappie.  Pietie ontmoet ‘n nuwe maatjie Jannie en hulle lig mekaar in oor hulle doen en late, agtergrond, ens.

Pietie sê vir Jannie: Daar waar my pa werk is daar 5 duisend mense  onder hom. Jannie: Sjoe dan is hy seker die grootbaas van ‘n groot maatskappy.  Nee, sê Pietie.

Hy sny gras in die Wespark begraafplaas.

6 antwoorde op Geluk eksiperfeksi met jou kreatiewe woordskepping

  1. HeavyHenry het gesê op Januarie 21, 2012

    🙂

  2. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Hallo Henry

  3. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Thanks vir die inloer

  4. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Ons maak so

  5. Ek-Myself het gesê op Januarie 23, 2012

    TATTATEKSIE sal dit dan wees, dankie vir jou deelname, ne! Klink baie beter as lykswa… mooi week!

  6. louisna het gesê op Januarie 23, 2012

    Ja, ek stem. Mooi woord.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.