Uitdaging: Mooi sinoniem vir lykswa
Januarie 20, 2012 in Sonder kategorie
Die pleidooi vir Afrikaans op die blog is uiters positief.
Ouboet like julle inkoop in ‘n wenesep.
Sorry, ek is tegnologies gestremd. Ek kon nie bevestig wie het die briljante sinoniem vir doodskis (houtjas) gemunt nie.Dus:
Het julle ‘n mooi sinoniem vir lykswa?
Iets soos: Langboomwa of nog beter koebaaikoets.
Response word afgewag
Boekemakranka het gesê op Januarie 20, 2012
Persoonlik sou ek ‘n waardiger woord wou sien as koebaaikoets? Maar alles waaraan ek kan dink, klink soos spot, soos sieleskip. Dis ‘n hartseertyd in mense se lewens en ek sou nie iets ligs daarvan wou maak nie.
causerie het gesê op Januarie 20, 2012
En dan gebruik jy “like”? A nee a!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 21, 2012
moet ook asb nie vir “sorry” miskyk nie
rosiemetdorings het gesê op Januarie 21, 2012
Haai, hierdie blog wemel van die spykers vir Afrikaans se doodskis.
Hoe de heng ons dit suiwer gaan hou, weet ek nie. Hierdie volksvreemde woorde glip al te lekker in
Doubtingthomas het gesê op Januarie 21, 2012
Pass….
TS het gesê op Januarie 21, 2012
Ek het al die jare soos aasvoël sit en wag dat ek die kinders kon aanspeek – ek het aangedring op motorhuis en motor! Nou glip ek die die ou woordjies in net om my vryheid ten toon te stel! Ek is te trots dat ek ‘amazing ‘ kan spel!
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Baie woorde doen myns insiens nie afbreuk aan die taal nie, soos cool wat die kinders so baie bebruik
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Nooit man. Jy is mos vindingryk.
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Taal ontwikkel maar, so ek kan saamleef met mooi volksvreemde woorde hier en daar.
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Sorry
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Julle spot nou met my taalgebruik.
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
OK, eintlik is die pos maar tong in die kies
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Dis nou ‘n mooi een.
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Ja, hy is goed
lora2me het gesê op Januarie 21, 2012
Huistoeboks, sesvoethuisie, plant-my-nou, kluitekassie, kluitekissie – vir doodskis. Huistoekar, laastelimo, paradyskar, swartkar (met apologie aan “squad car”) langkar – vir lykswa. Exiperfexi het ‘n oulike naam.
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Baie dankie vir die ruim bydrae. Sjoe, die kreatiwiteit het behoorlik oor jou vaardig geraak
HeavyHenry het gesê op Januarie 21, 2012
as hulle die houtsuit innie grafkar laai,
moet jy weet dissie laaste koebaai…
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Pragtig. Dankie vir die bydrae en inloer
HeavyHenry het gesê op Januarie 21, 2012
🙂
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Watch my laaste (nuutste) pos.
HeavyHenry het gesê op Januarie 21, 2012
Gesien ja!
Ek-Myself het gesê op Januarie 23, 2012
Ek sien nou eers dat jy n inskrywing oor my uitdaging vir n beter woord gemaak het, dankie dis oulik en hier was oulike terugvoer!
louisna het gesê op Januarie 23, 2012
Yes, die skare het gepraat.
Linguis het gesê op Oktober 2, 2014
Die taal is n huis se dak en sambreel wat die skrynende koue koester in keel