Afrikaans: Gesond of sterwend?
Januarie 20, 2012 in Sonder kategorie
Is Afrikaans gesond of sterwend? Kom ons hoor die man wat van sy perd afgeval het. se opinie “Die taal van my moeder kan en sal nooit, nooit sterf nie.” Wat sê die doemprofete? Afrikaans is sterwend. Dis net ‘n kwessie van tyd.
Wat sê ek? Ek sê hoor en kyk en luister en ruik. ‘n Ding wat doodgaan sal jy aanstons begin ruik. Al wat ek ruik is my seun se pragtige nooi in ‘n nartjie en sy ouma in anys. ‘n Ding wat groei hoor jy. Ons hoor hom groei, van die KKNK in Oudtshoorn tot by Aardklop in Potchefstroom, van Witrivier tot blogland.
Wat sê julle?
Stokkiesdraai het gesê op Januarie 20, 2012
Ek dink Afrikaans is huidiglik redelik in ‘n bloei tydperk. Dit hang after all van onsself af of dit gaan sterf of net groter gaan. As ons nie “skaam” is vir ons taal en dit te alle tye praat, hoe kan dit sterf??? Wat my afpiss van ons, is die feit dat ons so gerieflik oorslaan Engels toe, want shame, hulle verstaan dit nie. Bull man, as hulle van ons verwag om die rooinek taal te gooi, kan ons seker dieselfde van hulle verwag?!? Sulke tye raak ek mos, o so erg domastrant en hou my dommer as grond. Hou by my Afrikaans…
Blikskottel het gesê op Januarie 20, 2012
Solank Boer mense in RSA nog is sal die taal aangaan. Die probleem is of ons nog hier sal wees oor 300 jaar en of al ons kinder al sal landuit wees net om te oorleef. Sonder ‘n eie land sien ek swarigheid op die langeduur.
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Jou punt is baie geldig.
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Ek ondersteun nie bloeitydperk. Kyk net hoe het die kunstefeeste toegeneem. Elke jaar is daar rekord getalle mense wat bywoon.
TS het gesê op Januarie 20, 2012
Nee wat … ek dink dat dit dalk sal verander maar doodloop is baie onwaarskynlik
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Ek dink ook dis onmoontlik. Net ‘n jammerte dat universiteite so erg verengels.
Stokkiesdraai het gesê op Januarie 20, 2012
Ek hoor wat jy sê en in ‘n mate stem ek saam. Maar eerder dit as ‘n nuwe klomp Engelse musikante wat ook maar net geraas maak!
TS het gesê op Januarie 20, 2012
Dis nie die elite wat ‘n taal lewendig hou nie maar die gepeupel, want hulle het niks anders
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Yes.Ek stem
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Ook weer waar.
Boekemakranka het gesê op Januarie 20, 2012
Solank mense dit praat en skryf (en lees), sal dit voortbestaan.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 20, 2012
sou die Romeine glo dat hulle taal later nie meer gepraat gaan word nie?
Ek gooi maar net nog ‘n klip en is nie die doemprofeet nie
STC het gesê op Januarie 20, 2012
Met ‘n haarnaald is saadjies deur boervrouens na konsentrasiekampe in skuurvloere uitgekrap…en geplant…so is die Afrikaanse taal…waar ons praat…daar groei dit!
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Pragtig vergelyking
STC het gesê op Januarie 20, 2012
xx
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Gelukkig gaan die nie in ons tyd gebeur nie
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Yes, ek stem saam.
i90Christian het gesê op Januarie 20, 2012
Baie mense in Nederland en Vlaandere “leer” nou Afrikaans. As hulle vinniger Afrikaans leer as die Afrikaanssprekendes verengels, gaan die taal nie sterf nie.
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Mooi. Alles watkan help moet ingespan word
daancoetzee het gesê op Januarie 20, 2012
Ek stem saam met jou. As dit oor 50 of ´n 100 jaar gebeur, waarom bekommer ons ons nou oor iets waaraan niks gedoen kan word nie. Solank ons net ons bes doen om dit goed te praat, dan is dit baie reg.
avega het gesê op Januarie 20, 2012
Daar is iets soos 3000 tale. Net 600 waarvan meer as ‘n miljoen mense dit praat. Afrikaans is een van hulle. Dws daar is 2400 tale met minders sprekers as Afr. Gaan 2400 uitsterf voor Afrikaans?
louisna het gesê op Januarie 20, 2012
Puik perspektief. Thanks vir die kuiertjie
causerie het gesê op Januarie 20, 2012
Tina, die dubbele negatief is baie belangrik om Afrikaans te onderskei.
louisna het gesê op Januarie 21, 2012
Jy het ‘n baie goeie argument
Ek-Myself het gesê op Januarie 23, 2012
Het julle gesien dat die Solidariteit Beweging stel nuwe Afrikaanse hoëronderwysinstelling bekend, juis sodat ons kinders in Afrikaans kan leer.
louisna het gesê op Januarie 23, 2012
@ Ekke, ja ek dink dit is ‘n puik inisiatief.