Ouboet is die bliksem in

November 24, 2011 in Sonder kategorie

Swak (of geen) beplanning waarborg ‘n AEF. Dit staan vir Aartsmoeder van Ernstige Foute. (Laaste woord eindig met “kops”)

 

Ek was  besig om te dink hoe lekker ek en my dierbares  vir 10 dae by die see gaan ontspan. Dit was ‘n ware verhaal to so twee/drie uur gelede.

 

‘n Kliënt bel my. Die Direksie soek verslag X eerskomende Woensdag, heelwat vroeër as wat kontraktueel ooreengekom is.

 

Ek meld dat ons moreoggend op vakansie vertrek en eers 5 Desember terug sal wees op kantoor, soos wat ek hulle lank gelede reeds ingelig het.

 

Sorry, jy MOET ons help. Ons sal al jou kotes betaal om ons Maandag en Dinsdag te kom help.

 

Dus, Sondagaand vlieg ek terug en sluit weer Dinsdagaand by my gesin aan, as alles volgens plan verloop en nuwe vars foute nie ontdek word nie.

 

Sulke goed maak my werklik die bliksem in.

 

Nietemin, lekker aand

 

Stoepgroete,

 

ouboet

17 antwoorde op Ouboet is die bliksem in

  1. Gee hulle sommer ‘n rekening vir nog ‘n week by die see…

  2. louisna het gesê op November 24, 2011

    Ek het geluister, maar is dit haar stem?

  3. louisna het gesê op November 24, 2011

    Goeie idees, maar hoe koop ek dan vir my kinders skoene?

  4. louisna het gesê op November 24, 2011

    Daar gaan beslis teenprestasies wees.

  5. aggenee man!! jou teenswoordigheid by jou geliefdes is uiters belangrik het hulle dan geen respek vir familietyd (as dit familie is) nie?!

    aan die anderkant moet mens ook nie die hand wat die kos inskep byt nie…

  6. louisna het gesê op November 24, 2011

    Ek het haar stem anders voorgestel

  7. louisna het gesê op November 24, 2011

    Moeilik om te verduidelik, maar ek sal gaan loer by die ander

  8. louisna het gesê op November 24, 2011

    Steeds pragtig. Husky voices is ook pragtig.

  9. louisna het gesê op November 24, 2011

    Anha, hoekom het jy nie ‘n spoor op die stoep gelaat toe ek oor jou geskryf het nie?

  10. louisna het gesê op November 24, 2011

    Die gebrek aan respek is die eerste gedagte wat my na die slegte nuus by my opgekom het

  11. …en die geld moet alles reg maak.

  12. louisna het gesê op November 24, 2011

    Nou praat jy

  13. frikve het gesê op November 25, 2011

    Hi Ouboet,
    Welcome to the club! My twee weke verlof in die Kaap is gister totaal gekanselleer a.g.v. groot marakas by die werk. Ek het my kussing nat gehuil. “On the other hand Darren” – a-la Jeremy Mansfield – is ek so Goddank bly om nog ‘n jop te hê om voor kwaad te wees oor ‘n verlofkansellasie – mixed blessings.
    Cheers vir eers

  14. Dis sleg. Darem het jy ‘n paar dae saam met hulle.
    Sterkte.

  15. louisna het gesê op November 27, 2011

    Yes thanks

  16. louisna het gesê op November 27, 2011

    Yes thanks

  17. louisna het gesê op November 27, 2011

    Thanks Frik. Ja so kak ons af.

Los ’n antwoord vir Bileamsedonkie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.