Ouboet is die bliksem in
November 24, 2011 in Sonder kategorie
Swak (of geen) beplanning waarborg ‘n AEF. Dit staan vir Aartsmoeder van Ernstige Foute. (Laaste woord eindig met “kops”)
Ek was besig om te dink hoe lekker ek en my dierbares vir 10 dae by die see gaan ontspan. Dit was ‘n ware verhaal to so twee/drie uur gelede.
‘n Kliënt bel my. Die Direksie soek verslag X eerskomende Woensdag, heelwat vroeër as wat kontraktueel ooreengekom is.
Ek meld dat ons moreoggend op vakansie vertrek en eers 5 Desember terug sal wees op kantoor, soos wat ek hulle lank gelede reeds ingelig het.
Sorry, jy MOET ons help. Ons sal al jou kotes betaal om ons Maandag en Dinsdag te kom help.
Dus, Sondagaand vlieg ek terug en sluit weer Dinsdagaand by my gesin aan, as alles volgens plan verloop en nuwe vars foute nie ontdek word nie.
Sulke goed maak my werklik die bliksem in.
Nietemin, lekker aand
Stoepgroete,
ouboet
Bileamsedonkie het gesê op November 24, 2011
Gee hulle sommer ‘n rekening vir nog ‘n week by die see…
louisna het gesê op November 24, 2011
Ek het geluister, maar is dit haar stem?
louisna het gesê op November 24, 2011
Goeie idees, maar hoe koop ek dan vir my kinders skoene?
louisna het gesê op November 24, 2011
Daar gaan beslis teenprestasies wees.
Petronell het gesê op November 24, 2011
aggenee man!! jou teenswoordigheid by jou geliefdes is uiters belangrik het hulle dan geen respek vir familietyd (as dit familie is) nie?!
aan die anderkant moet mens ook nie die hand wat die kos inskep byt nie…
louisna het gesê op November 24, 2011
Ek het haar stem anders voorgestel
louisna het gesê op November 24, 2011
Moeilik om te verduidelik, maar ek sal gaan loer by die ander
louisna het gesê op November 24, 2011
Steeds pragtig. Husky voices is ook pragtig.
louisna het gesê op November 24, 2011
Anha, hoekom het jy nie ‘n spoor op die stoep gelaat toe ek oor jou geskryf het nie?
louisna het gesê op November 24, 2011
Die gebrek aan respek is die eerste gedagte wat my na die slegte nuus by my opgekom het
Papegaaislaai het gesê op November 24, 2011
…en die geld moet alles reg maak.
louisna het gesê op November 24, 2011
Nou praat jy
frikve het gesê op November 25, 2011
Hi Ouboet,
Welcome to the club! My twee weke verlof in die Kaap is gister totaal gekanselleer a.g.v. groot marakas by die werk. Ek het my kussing nat gehuil. “On the other hand Darren” – a-la Jeremy Mansfield – is ek so Goddank bly om nog ‘n jop te hê om voor kwaad te wees oor ‘n verlofkansellasie – mixed blessings.
Cheers vir eers
Modigliani het gesê op November 25, 2011
Dis sleg. Darem het jy ‘n paar dae saam met hulle.
Sterkte.
louisna het gesê op November 27, 2011
Yes thanks
louisna het gesê op November 27, 2011
Yes thanks
louisna het gesê op November 27, 2011
Thanks Frik. Ja so kak ons af.