Sal jy??
November 17, 2011 in Sonder kategorie
Sal jy iemand/’n vriend(in) wat in ‘n buite-egtelike verhouding of affair betrokke is, se ander helfte daaroor inlig?
Ek dink mans en vrouens mag dalk hieroor verskil.
Die beste antwoord wat ek op hierdie vraag gekry het, is van ‘n oud kollega wat jare gelede die kat geknyp het.
Sy antwoord was bloot: Hoekom onskuldige mense by ondraaglike pyn betrek?
OK, sommige van julle gaan ouboet seker aanvat. So be it.
Mooi aand
Stoepgroete
ouboet
TS het gesê op November 17, 2011
nee… nie sommer nie… as hy/sy vra miskien…
louisna het gesê op November 17, 2011
Mooi gebaar. Well done
louisna het gesê op November 17, 2011
Ja, dis ‘n moeilike een. maar ek dink tog dit is beter om stil te bly. Skuldige gaan altyd vir mens kwaad wees.
Creme-Soda-Junky het gesê op November 17, 2011
As dit my beste, este vriendin of vriend is sal ek ‘n naamlose oproep met ‘n papiersak oor die spreekbuis maak!
Modigliani het gesê op November 17, 2011
Jong, ek was nou onlangs in so ‘n situasie.
Ek het die “cheating” party gekonfronteer.
Needless to say is ek nou die “slegte” een, die “slegte” vriendin.
Daar is NOOIT ‘n gelukkige einde in so iets nie.
As ek die een was wat besig was om verneuk te word sou ek wou weet. Met al die siektes en goggas wat mens kan kry voel ek dit is my reg.
louisna het gesê op November 17, 2011
Mooi, mar dit bly moeilik
lora2me het gesê op November 17, 2011
Ek is baie versigtig met sulke aannames oor verhoudings, want alhoewel ek nie sulke buite-egtelike verhoudings goedkeur nie, gebeur daar soms iets in twee mense se lewens en wil ek nie die een wees wat sommer met so ‘n storie op loop sal gaan nie. Daardie soort skade kan nooit reggemaak word nie. Moeilik!
louisna het gesê op November 17, 2011
Yes, daar sal altyd verwyte wees as mens wil doed doen. Dalk is ek ‘n softy, maar ek sal eerder silbly.
louisna het gesê op November 17, 2011
Baie waar.Mens ken nie altyd die volle storie nie.
louisna het gesê op November 17, 2011
Julle girls kyk meer objektief as ons manne. Mooi antwoord
louisna het gesê op November 17, 2011
Ja, hy het geen maklike antwoord nie.
Modigliani het gesê op November 17, 2011
Dis nie vir my reg nie. Sy het ‘n goeie man en twee kinders. En net omdat hierdie ou vir haar ‘n “cheap thrill” gee, is sy bereid om haar gesin te verwoes.
Die ou is ‘n idioot.
louisna het gesê op November 17, 2011
Skerp antwoord
louisna het gesê op November 17, 2011
Ja, die cheap thrill bekoor baie.
Modigliani het gesê op November 17, 2011
Dis daai “verbode vrugte” ding.
louisna het gesê op November 17, 2011
Dis jou keuse wat ek respekteer
louisna het gesê op November 17, 2011
Ja, wat verbode is is lekkerder, of so dink die oortreders totdat die paw paw die fan strike.
louisna het gesê op November 17, 2011
Baie mooi antwoord Anha. Jy is korrek. MAAR so baie mans (en vrouens) is skuldig. Dink maar net aan Ghaap se uitslag van sy blogopname.
louisna het gesê op November 17, 2011
Ek probeer net aantoon dat daar baie skuldiges is en kaie mense wat bedrieg word.Ek praat dit gladnie goed nie.
bernster het gesê op November 17, 2011
Ek sukkel ook met die vraagstuk. Vir persoonlike behoud is dit die meerderheid van die tyd beter om jou uit ander se sake te hou.
Min mense het die vermoë om die ‘oortreding’ aan te spreek in so geval…hulle verkwalik gewoonlik die een wat die klikwerk gedoen het. Seker maar hoe mense is. Ek reken egter dat ek sal wil weet en sal (hopelik!) nie kwaad wees vir die boodskapper nie…
louisna het gesê op November 17, 2011
Mooi! Iewers moet hy boet.
louisna het gesê op November 17, 2011
Ja, soms is die bookskapper die skurk. Moeilike vraagstuk
Freddy67 het gesê op November 17, 2011
Dit het al met my gebeur. Ek het na die vriend toe gegaan wie sy partner verneuk het en vir hom gesê ek gee hom ‘n week om of die verhouding te verbreek of skoon te kom met sy partner of ek vertel sy partner. Beide was vriende van my. Hy het vinnig die affair beeindig.
louisna het gesê op November 17, 2011
Dis nou skerp en regverdig. Jy het hom ‘n kans gegee en toe neem hy die beste besluit
Blikskottel het gesê op November 17, 2011
My hart dink ek sal, my kop weet egter dis dalk moeilikheid soek.
louisna het gesê op November 17, 2011
Yes, soms moet man maar stilbly ter wille van vrede
louisna het gesê op November 17, 2011
Yes, en ek het geboet. Weet jou vrou van joune?
louisna het gesê op November 17, 2011
Dis jou opinie.
loudavisi het gesê op November 17, 2011
Ek sal (het ook al) die skuldige een gekonfronteer en gesê dat die hele dorp weet, hy moet versigtiger rondvry. Hy het sy alie afgeskrik.
louisna het gesê op November 18, 2011
Pragtig Lou. Gaan vir die oortreder
louisna het gesê op November 18, 2011
Mooi
louisna het gesê op November 18, 2011
Yes
August01 het gesê op Desember 19, 2011
ek sou dit verkies het dat iemand my vertel het instede om self daarvan uit te vind.. ek sal definitief die een wat verneuk word vertel, dit is ‘n pynlike issue en dit maak onsettend seer..
HUGS
louisna het gesê op Desember 19, 2011
Pragtig