Die woord boks (nie baklei nie) is in die HAT opgeneem

November 16, 2011 in Sonder kategorie

Petronell se inskrywing met die stukkie: “Tik tik tik – jy’s ‘n bliksem!  Tik tik tik – en jy ‘n sinoniem vir boks!” het my laat dink aan ‘n oud onderwyser.  

Hy was die eerste onderwyser wat die ou orde verbreek het en ‘n modeuse ligpershemp aangetrek het. Gekleurde hemde en bont breë dasse, meestal saam ‘n sellofaanbedekte boks verpak, was daardie tyd hoog in die mode. (Die woord boks is in die HAT opgeneem, blykbaar om verwarring te voorkom, aangesien die eens meer aanvaarbare en suiwerder sinoniem verwys na meer as net kartonhouers).

Groete

ouboet

Sorry, ek wens iemand kan ons help met die fontgrootte

14 antwoorde op Die woord boks (nie baklei nie) is in die HAT opgeneem

  1. Dag ouboet.

  2. louisna het gesê op November 16, 2011

    Hallo Jeanne, Wat se jy?

  3. Wens ekt n HAT gehad, gaan spesiaal vanaand opsoek!

    Omtrent FONTS en dinge. As jy copy en paste, gaan paste dit eers in ‘n “notepad” en copy dit weer van daar af.

  4. louisna het gesê op November 16, 2011

    Thanks en lekker boks opsoek.

  5. oy! ek gaan n lekker aand hê. my seun het sy gradiëring (sorry ek weet nie of ek dit reg spel nie) vanaand en dan gaan ek my vriend se woordeboek begryp!

  6. louisna het gesê op November 16, 2011

    Pragtig. Jy het ‘n aktuele onderwerp aangeroer. Is die gradering in karate? Sterkte, my seuns is daardeur

  7. hy het onlangs begin met MMA – mixed martial arts…en thanx vir die regspel!!

  8. louisna het gesê op November 16, 2011

    Sterkte. Dis moeilike goed wat my verbygegaan het

  9. my seun het nou op die tere ouderdom van 22 besluit hy is lus vir die dinge. ek is nogal trots op hom. baie dissipline en elke ding. lol..kan ‘n MEAN hou skop!

  10. louisna het gesê op November 16, 2011

    Sterkte. 22 is jonk. My oudste seun het op 22 begin boks, net vir selfverderiging, Dit gaan al 3 jaar goed

  11. dankie – ek dink dis uitstekend vir selfverdediging. hierdie sluit die boks gedeelte in. ek self is nogals eerder nie die baklei tipe nie en maak dit my seer net om daaraan te dink!! nietemin gun ek hom dit, sal ek daar wees vanaand. soos hy vir my sê “ma…dis nie baklei nie!”

  12. louisna het gesê op November 16, 2011

    In vandag se tyd moet mans veggereed wees om hulself, hulle vrouens, girls en ma’s te beskerm.

  13. Vandag, liewers niks. Ek is bang die Prozak oom Screenprint my en gebruik dit as bewyse.
    ;o)

  14. louisna het gesê op November 16, 2011

    Welkom oppie stoep. Drink vir jou?

Los ’n antwoord vir Modigliani. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.