Die woord boks (nie baklei nie) is in die HAT opgeneem
November 16, 2011 in Sonder kategorie
Petronell se inskrywing met die stukkie: “Tik tik tik – jy’s ‘n bliksem! Tik tik tik – en jy ‘n sinoniem vir boks!” het my laat dink aan ‘n oud onderwyser.
Hy was die eerste onderwyser wat die ou orde verbreek het en ‘n modeuse ligpershemp aangetrek het. Gekleurde hemde en bont breë dasse, meestal saam ‘n sellofaanbedekte boks verpak, was daardie tyd hoog in die mode. (Die woord boks is in die HAT opgeneem, blykbaar om verwarring te voorkom, aangesien die eens meer aanvaarbare en suiwerder sinoniem verwys na meer as net kartonhouers).
Groete
ouboet
Sorry, ek wens iemand kan ons help met die fontgrootte
Modigliani het gesê op November 16, 2011
Dag ouboet.
louisna het gesê op November 16, 2011
Hallo Jeanne, Wat se jy?
Petronell het gesê op November 16, 2011
Wens ekt n HAT gehad, gaan spesiaal vanaand opsoek!
Omtrent FONTS en dinge. As jy copy en paste, gaan paste dit eers in ‘n “notepad” en copy dit weer van daar af.
louisna het gesê op November 16, 2011
Thanks en lekker boks opsoek.
Petronell het gesê op November 16, 2011
oy! ek gaan n lekker aand hê. my seun het sy gradiëring (sorry ek weet nie of ek dit reg spel nie) vanaand en dan gaan ek my vriend se woordeboek begryp!
louisna het gesê op November 16, 2011
Pragtig. Jy het ‘n aktuele onderwerp aangeroer. Is die gradering in karate? Sterkte, my seuns is daardeur
Petronell het gesê op November 16, 2011
hy het onlangs begin met MMA – mixed martial arts…en thanx vir die regspel!!
louisna het gesê op November 16, 2011
Sterkte. Dis moeilike goed wat my verbygegaan het
Petronell het gesê op November 16, 2011
my seun het nou op die tere ouderdom van 22 besluit hy is lus vir die dinge. ek is nogal trots op hom. baie dissipline en elke ding. lol..kan ‘n MEAN hou skop!
louisna het gesê op November 16, 2011
Sterkte. 22 is jonk. My oudste seun het op 22 begin boks, net vir selfverderiging, Dit gaan al 3 jaar goed
Petronell het gesê op November 16, 2011
dankie – ek dink dis uitstekend vir selfverdediging. hierdie sluit die boks gedeelte in. ek self is nogals eerder nie die baklei tipe nie en maak dit my seer net om daaraan te dink!! nietemin gun ek hom dit, sal ek daar wees vanaand. soos hy vir my sê “ma…dis nie baklei nie!”
louisna het gesê op November 16, 2011
In vandag se tyd moet mans veggereed wees om hulself, hulle vrouens, girls en ma’s te beskerm.
Modigliani het gesê op November 16, 2011
Vandag, liewers niks. Ek is bang die Prozak oom Screenprint my en gebruik dit as bewyse.
;o)
louisna het gesê op November 16, 2011
Welkom oppie stoep. Drink vir jou?