Memory lane

November 14, 2011 in Sonder kategorie

 

Sorry ek het hierdie stukkie geplak toe ek begin blog het, maar toe kon ek nog nie foto’s of songs plak nie

Ek het haar Tinktinkie gedoop, en eenkeer vir haar ‘n geel T-shirt, die kleinste size wat beskikbaar was, gekoop, en haar troetelnaam in swart daarop laat afdruk. Dalk het die spelfout (weglating van die eerste “k”) die fondament van ‘n tragiese einde gelê. Hierdie een kon ek nooit uitpluis nie. Ontrafeling van die moeilikste intriges in ‘n 500 bladsye familiekroniek oor 500 jaar is kinderspeletjies in vergelyking met hierdie knoop. In elk geval, ek het haar in Augustus 1975 op ’n bokjol by Mopanie ontmoet.  Sy het pens en pooitjies op ‘n plastiekstoel met pyppote gesit.  Half uittartend en nonchalant het sy die bewegings voor haar gade geslaan en neusoptrekkerig en subtiel oor die fonds van die aand getuur.

 

Die prentjie van ‘n melkwit sagte vel, ‘n knus glimlag en die verruklikheid van ‘n blommetjies-langrok het my nader gelok. Ek dink my check-crimpelene langbroek en swartgrys hemp met wit kolletjies het haar glimlag effens verdiep. Haar eerste woorde was sag, subtiel, spankelend en meelewend. Ja, Ouboet, die eerste val van haar tong was sag, soos rose op ‘n hemelbed. Die enorme lengteverskil het nie ons danspassies nadelig beïnvloed nie. Inteendeel, Kleintjie se totale prentjie van fyn vroulikheid het my rough edges getemper, en na ‘n dans of drie het ons soos meesters gedans en die two-step links- en regsom bemeester.

 

Ek het haar daardie aand gekaap en net vir myself gevat, straks teen haar sin. By P&L kafee oorkant die straat het ek vir haar ‘n koeldrank gaan koop, waaraan sy die heel aand takties geteug het. By ‘n rekonstruksie van ‘n komplekse verlede sou ek graag wou glo dat sy met hierdie gebaar die aand takties wou uitrek.

 

Later die aand het ek vir haar my gebrekkige en halfvoltooide weergawe van “Waltz in A flat” van Brahms in die sitkamer oorkant die danssaal gaan speel.  Somehow moes ek die girltjie oortuig dat ek nie die stoker was wat uit die single quarters geslip het en tydverdryf bokant my vermoëns kom soek het nie. Iets het daardie aand gewerk. Of dit Brahms, die legteverkil of wat ook al was, “who cares?” Eerste indrukke is blywend, so lui ‘n ou ou sprokie.

 

Ek moet sê, ek kon die openingsoktawe van Waltz in A nogal mooi laat klink. Soos Rachmaninoff kan ek ook ‘n vyfvingerakkoord oor een-en-‘n-half oktaaf druk, uiteraard net meer onbeholpe en ook net hortend-enkelmalig. Ek vang haar dus toe met die eerste stukkie en diedaar, sy sien die foute in die res van die goedbedoelde halfvoltooide voordrag oor.  O ja, ek kon ook die slotgedeelte speel en ek onthou nog hoe ek ten besluite die note op die gepaste plekke so effens gerek om my eie onderliggende emosie te laat gedy.

 

Die laaste noot van die ta-la-la-la-da was bykans onhoorbaar sag. Ja Ouboet, Waltz in A is nooit volledig gespeel nie, in elk geval nie voor die 1976 onluste nie. Cowboys don’t cry.

 


 


10 antwoorde op Memory lane

  1. Dagse Ouboet. Hoop dis weer veilig hier op jouse stoepie.

  2. louisna het gesê op November 14, 2011

    Thanks.Dit lyk so

  3. louisna het gesê op November 14, 2011

    Dag ook van die stoep af.

  4. louisna het gesê op November 14, 2011

    Ja, belbottoms, crympelene suits en safaripakke was daai tyd in,

  5. lora2me het gesê op November 14, 2011

    Wat het van hierdie klein meisietjie geword?

  6. louisna het gesê op November 14, 2011

    Sy het my gelos.1976 laas gesien.

  7. louisna het gesê op November 14, 2011

    Mooi. Ek en jou pa kom uit sieselfde era

  8. louisna het gesê op November 14, 2011

    Baie welkom op die stoep

  9. eros01 het gesê op November 14, 2011

    Mmm Ouboet,”dashing young man”.xR

  10. louisna het gesê op November 15, 2011

    Baie dankie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.