Vinnige seevakansie
Oktober 27, 2011 in Sonder kategorie
Om verskeie redes was ons gesin lanklaas by die “warm” see hier te lande. Toe besluit ons om na die sluiting van die Universiteit vir 10 dae by die Natalse suidkus te gaan ontspan. Ek en my beter helfte gaan rus en die seuns gaan die talent op San Lameer se strand verken. Toe ons laas daar was, was die talent volgens die seuns “beter as briljant.”
Dit is hoogtyd dat my oudste ‘n trougirl ontmoet en trou sodat Ouboet oupa kan word.
Kleinboet het my ingelig dat Potch se popparadys moeilik geklop kan word,selfs by die see. Ongelukkig is die Ingenieursfakulteit ver van die werklike mooi blomme (Geesteswetenskappe, Bemarking en Onderwys) af, maar gelukkig hou hy van stap.
Ek sien uit daarna om saam met beter hellfte en die seuns die kitare te slaan en speletjies te speel.
Behalwe snoek het ons nog nooit ‘n heel groot vis gebraai nie. Toe beloof ek my dierbares ons gaan een aand ‘n heel kabeljou, Kingklip of iets dergliks braai. Ek hoop Durban se mark of ‘n viswinkel in die omgewing het iets spesiaals.
Intussen sal ek maar raad vra oor die metode, speserye en braaitegniek.
Geniet julle tydjies saam met julle geliefdes.
Stoepgroete,
ouboet
Onlangse kommentare