Ouboet verloor gewig en pass ‘n paar toetse

September 20, 2011 in Sonder kategorie

Ek het dit maar stil gehou, want netnou dink die mense ek brag.

Voor ek begin blog het, het ek gereeld die skaal oor 140 kilogram getrek. My maksimium gewig was 146 kilogram seker so in Julie 2007.

Vanoggend klim ek op die skaal en wat sien ek? 116.8 kilogram.

Wat is die geheim? Gewig word deur die mond gevoed. Hoe minder mens eet, hoe meer gewig verloor jy.   

Ongelukkig kon alle broeke se pensmaat nie “ingevat” word nie, en ek moes hulle vervang.  Dit is ‘n klein prysie om te betaal vir gesondwees.

Ek het nou die dag (op vroulief se aandrang) alle moontlike toetse by die GP (en patoloë) laat doen  en almal gepass.  

EKG: No problem.

GP se opmerking dat my lewer lyk soos iemand s’n wat nog nooit gedrink het nie, het my goed laat voel, maar my uiteraard nie as ‘n geheelonthouer geklassifiseer nie.   Inteendeel.

Ongelukkig kon ek nie GP se middelvingertoets sidestep nie, maar ek het die PSA (prostaattoets) flying colours gepass.

Dog ek lig julle maar net in.

Mooi dag verder.

Stoepgroete,

Ek slaap ook beter noudat ek weet ek is nog soort van OK.

Gonsende ouboet


47 antwoorde op Ouboet verloor gewig en pass ‘n paar toetse

  1. Gonsend, inderdaad

  2. Thanks bruggie

  3. Rys en sous is ook my gunsteling.

  4. Baie geluk met die gewig en die toetse!
    Dagse Ouboet

  5. Nee, aartappelwiggies met skilletjies in die oond gebak met olyfolie, knoffel en roosmaryn.Mmmm-mmmm!

  6. Jy kan regtig trots wees op jouself. Ek moet nou eers ‘n boek oor wilskrag kry. Miskien as ek minder praat, sal my mond ook minder toe wees vir kos.

  7. Baie dankie vir die kompliment. Mens moet eers jou mindset regkry dan gaan dit makliker

  8. Hallo daar ook. Thanks vir die inoer en kompliment

  9. Skaap en gebakte aartappels en sous.

  10. Baie dankie.

  11. Heerlik

  12. @ Lora, nou praat jy

  13. @Charlene. Kos bly altyd lekker. Ongelukkig bly dit moeilik om te pass.

  14. Wow, dit is IMPRESSIVE!!!!!!!!!
    Well done Ouboet!

  15. Baie dankie Jeanne. Dis great van jou.

  16. TS het gesê op September 20, 2011

    Sjoe baie geluk… Lekker eet is vir my ‘n stokperdjie maar ek sal ook ‘n plan moet maak

  17. Tina, it’s all in the mind. Neem ‘n besluit en die res is makliker.

  18. 146 Kg is bietjie swaar. Al is jy groot!

    Geluk!

    🙂

  19. Ja, dit is 321 pond in die ou taal. Thanks.

  20. zephur het gesê op September 20, 2011

    Geluk Ouboet…gesondheid in die rondheid

    Nou moet jy dit daar hou nê

  21. Thanks. Ek maak so

  22. As dit nie vir Charlene was nie, het ek nie geweet jy leef nog nie. Jy’s net mooi 4e persoon wat ek ken, wat kon vasbyt en sukses behaal in die afgelope tydjie

  23. UNPOCO het gesê op September 20, 2011

    Baie geluk en wees trots op jouself.

  24. Baie dankie. Ek maak so

  25. Baie dankie. Ouboet waardeer

  26. Geluk, mooi so, sterkte..

  27. Thanks vriend. Dis maar moeilik maar die moeite werd

  28. Wow, dit wil gedoen wees………..jy motiveer my ook sommer! Welgedaan Ouboet!

  29. Doen daardie PSA toets maar gereeld. Dit is nie gaaf om hom nie te pass nie. Nogal ´n simptoom van hom, sonder dat jy dit weet of voel, is dat jy onverklaarbaar begin gewig verloor.Baie geluk, dit wil gedoen wees.

  30. Thanks.Ek maak so. GP se elke 6 maande PSA

  31. Geluk man!

  32. Thanks Jan. Jy maak my dag.

  33. Vasbyt.Dis nie altyd lekker nie, maar al wat werk.

  34. Mens kan mos maar brag met so ‘n prestasie.

  35. Ek is ook nogal een wat “comfort eat” as ek stress het. Nogal gestres op die oomblik met die resessie…
    Ek is bly jou tempel lyk so goed.

  36. Thanks. Ek dink ook so.

  37. Thanks. Gelukkig het jy eersterangs gesien met ons MOB ek lieg nie

  38. Wens ek kon ook al so sê, maar die koeksisters bly so lekker…

  39. Minder eet bly maar altyd problematies

  40. frikve het gesê op September 24, 2011

    Bravo!!! Om oorgewig af te gooi is ‘n bokker! – Vra my! Ek het ook 30 jaar gelede 35 kg laat val en weeg nou-nog 82 kg. Klere vervang is eintlik lekker – nê?
    Cheers vir eers.

  41. Thanks Frik. Ja dis lekker sonder onnodige bagasie.

  42. abrham het gesê op Oktober 1, 2011

    passop vir te maer, hoe sal jy weet – as jy jou arms oplig en deur jou eie gat val! of as jy onder die stort moet rond spring om nat te word

  43. abrham het gesê op Oktober 1, 2011

    maer gat

  44. louisna het gesê op Oktober 1, 2011

    Thanks vir die raad. Dit word ter harte geneem.

  45. louisna het gesê op Oktober 1, 2011

    Op my troudag was ek ‘n maergat op 104 kilogram.

  46. STC het gesê op Oktober 19, 2011

    Dis goeie vasbyt…amazing! haal my hoed af vir jou!

  47. louisna het gesê op Oktober 20, 2011

    Thanks

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.