Die krag van die sosiale media

September 2, 2011 in Sonder kategorie

Ek skryf ‘n artikel: “The application of social media in the public transport industry.” Dit is nogal interessant. Ek het gedink Facebook is net vir kinders, maar al die vername vervoeroperateurs, Gautrein ook, het Faceboek-bladsye (nee, eerder massiewe sites) en baie vriende. Marmite byvoorbeeld, het etlike duisende vriende.

 

Wat is die toepassings? Seer sekerlik bemarking en inligting. Die sosiale media is besonder ryk aan inligting wat effektief heen en weer beweeg. Geen ander bron verskaf meer inligting oor jou as die sosiale media nie. Waar jy bly, wat jou voorkeure is ens.

 

Hierdie bron van inligting word baie goed uit ‘n besigheidsoogpunt gebruik. Sosiale media vorm deel van groot maatskappye se korporatiewe strategie.

 

As daar ‘n vertraging in die vervoerstelsel, ongeluk of wat ook al  is, laat Twitter jou weet.  Inligting trek teen die spoed van lig.


Een van die interessantse bevindinge is dat nuwe tegnologieese ontdekkings aantoon dat “as far as the  future of social media is concerned, we ain’t see anything yet”.

Intussen skryf ek maar rustig voort. Net soms maak die tegnologie my bang. Mobiele tegnologie (Blackberry’s en ander) gaan die kredietkaart  vervang, ens ens.

Geniet julle naweek

Stoepgroete,

ouboet

19 antwoorde op Die krag van die sosiale media

  1. VozSola het gesê op September 2, 2011

    en vervang regte mense ook.

  2. louisna het gesê op September 2, 2011

    dit maak mens werklik bang

  3. louisna het gesê op September 2, 2011

    Thanks vir die groot waarheid wat jy spreek.

  4. TS het gesê op September 2, 2011

    Ek weet jy is glad nie ‘n FB ondersteuner nie maar daar is baie interessante groepe soos SA Photography

    Lekker naweek

  5. louisna het gesê op September 2, 2011

    My houding het klaar verander.

  6. Interessant – ek hou by FB verby maar dis dalk tyd om bietjie te gaan loer wat daar aangaan.
    PS – Dink jy die SA Span kan vir Wallis klop?

  7. louisna het gesê op September 3, 2011

    Jy moet gaan loer. Dis groter as wat mens dink. Ja ons gaan Wallis ver wen.

  8. Tegnologie is besig om skrikwekkend vinnig te ontwikkel.
    Bulle vol haaitand merke. 🙁

  9. louisna het gesê op September 4, 2011

    Ja, die Bulle het gebloei

  10. More P.

  11. Ek gebruik dit om kontak te hou met sekere mense en ja, vir advertensie vir my besighede..hoekom nie, dis tog vry en verniet.

  12. louisna het gesê op September 4, 2011

    Goeiedag DSP

  13. louisna het gesê op September 4, 2011

    Yes, gebruik dit

  14. Facebook is ‘n wonderlike bemarkingsmedium. Hallo Ouboet!

  15. VozSola het gesê op September 6, 2011

    as mens op blogs wat gons beland…MOET jy elke dag blog!

  16. He he. Ek sal laaik om te sê ek is die vriend van ‘n bus. Of ‘n trein!

  17. louisna het gesê op September 8, 2011

    Mooi

  18. louisna het gesê op September 8, 2011

    Lyk my so

  19. louisna het gesê op September 8, 2011

    Yes Maryke. Ek stem. Mooi dag.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.